Annual Prize giving 11 September 2016

kaspaas

Sealiner
Ons Klub se Jaarlike Prysuitdeling sou vanjaar weer by die Durbanville Rugbyklub se fasiliteite plaasvind.

Alles was gereel. Ons hengelklub voorsien alles....die venue, vleis, braai implemente, slaaie en bykosse. Die lede hoef slegs hul eetgerei saam bring die drinke kon by die Klubhuis gekoop word.

Teen 9:30 begin die Bestuurslede opdaag om die lokaal reg te kry en hout af te laai. Maar toe tref die paw-paw die fan so bietjie. Die klubhuis is gesluit en geen van die Rugby klub se bestuurslede antwoord hul telefone nie.
Die vrouens en kinders sit geduldig op die stoep en bak in die son. Later forseer iemand 'n deur oop sodat die alarm geaktiveer kan word. Dit gebeur....halfuur later daag die betrokke sekuriteitsfirma op. "Jammer meneer, ons kan ook nie die bestuur kry nie." Ons wag steeds wyl al wat 'n moontlike rugby klub bestuurslid gesoek word. Na laaaaang gesukkel kry hulle die nuwe Voorsitter. "Ons is nie Sondae oop nie", is sy half snotty verweer. "Maar ons het dan die bespreking by een van jou Bestuurslede gedoen!" verseker ons hom. "Sorry, as dit nie by my persoonlik bespreek is nie, stel ek nie belang nie. Verlaat onmiddellik my perseel!"

Gelukkig kom Andre (Papsak WP) tot die redding. Een vinnige oproep aan 'n kennis verbonde aan Brackenfell Rugbyklub en hulle maak oop vir ons. Roep ook sommer die kroegman weg van sy af Sondag, om te kom werk! Uiteindelik is ons in een lang konvooi moters na daardie Klub.

Uitstekende fasiliteite!! Groot onder dak stoep met groot kinder speel klimraam reg langs die stoep. Drankpryse is ook goedkoper as by Durbanville. Jammer Durbanville, ons was vir baie jare getroue ondersteuners van julle maar na dese het ons ander heenkome gevind!

Hier na volg aantal foto's geneem gedurende die prysuitdeling en braai. Eerste om deel van die stoep te wys.
 

Attachments

  • IMG_0356.JPG
    IMG_0356.JPG
    45 KB · Views: 85

kaspaas

Sealiner
Die kinders het baie gou die klimraam ontdek. Ons het hulle daarna net gesien as hulle honger of dors raak!
 

Attachments

  • IMG_0358.JPG
    IMG_0358.JPG
    62.1 KB · Views: 86

kaspaas

Sealiner
"Toe word ons dors!" Terwyl ons vir die arme kroegman wag wat sy middagete moes los en Klub-toe kom, het ou Krohn gou oorgestap na die krieketklub langsaan en bietjie voorlopige voorraad koeldrank en bier gaan koop. Hy was op die dag wraggies die "Player of the Match". he he
 

Attachments

  • IMG_0359.JPG
    IMG_0359.JPG
    50.9 KB · Views: 85

kaspaas

Sealiner
Daar is vooraf druk bespreking oor wie die afgelope seisoen se rerige hengelaars was.
 

Attachments

  • IMG_0366.JPG
    IMG_0366.JPG
    48.9 KB · Views: 85

kaspaas

Sealiner
Selfde groep...ander hoek. Dis meestal Faheem se Taliban lede plus Rean en Chris...
 

Attachments

  • IMG_0369.JPG
    IMG_0369.JPG
    46.4 KB · Views: 85

kaspaas

Sealiner
Phillip, een van ons nuutste lede en sy fraai wederhelfte. Hy het al baie goed met almal vriende gemaak. Sy lyk egter nog bietjie versigtig vir die klomp "hardebaarde" van die Klub. LOL
 

Attachments

  • IMG_0368.JPG
    IMG_0368.JPG
    50.1 KB · Views: 84

kaspaas

Sealiner
"Luister manne, laat ek julle vertel hoe mens so-iets reel"...komende van Krohn en die res luister met die nodige respekte!
 

Attachments

  • IMG_0371.JPG
    IMG_0371.JPG
    59.9 KB · Views: 84

kaspaas

Sealiner
Die kinders vat 'n "drinks and snax break" voor hulle weer die klimraam takel..
 

Attachments

  • IMG_0376.JPG
    IMG_0376.JPG
    52 KB · Views: 84

kaspaas

Sealiner
Chris (Skurf) en Rean (Stinkmossel se rose wat poseer vir die kamera....
 

Attachments

  • IMG_0373.JPG
    IMG_0373.JPG
    39.5 KB · Views: 83

kaspaas

Sealiner
En dan ook Miesies Wiid en Van Rooyen wat vriendelik vir die kamera glimlag
 

Attachments

  • IMG_0374.JPG
    IMG_0374.JPG
    41.9 KB · Views: 83

kaspaas

Sealiner
Nie seker wat hier aant'gebeur is nie. Met Skurf egter in die prentjie kan dit net moeilikheid wees!
 

Attachments

  • IMG_0377.JPG
    IMG_0377.JPG
    53.5 KB · Views: 84

kaspaas

Sealiner
Ons agbare Voorsitter (Chris aka Maaknlas) maak keel skoon en probeer almal tot orde roep sodat die amptelike prysuitdeling kan begin. Begin met die gebruiklike oorsig van die afgelope jaar se suksesse en/of gebrek aan suksesse.
Jakkie en CJ sit en wonder wat hulle die nuwe seisoen kan doen om beter te vaar.
 

Attachments

  • IMG_0378.JPG
    IMG_0378.JPG
    44.8 KB · Views: 82

kaspaas

Sealiner
Getrou aan SSEC:WC se tradisies, kom die kinders eerste. Twee van die groter seuns kry elk 'n pakkie lekkernye. Dit was nogals moeilik om die twee semi-tieners voor die kamera te kry.
 

Attachments

  • IMG_0379.JPG
    IMG_0379.JPG
    46.4 KB · Views: 83

kaspaas

Sealiner
Die klom kinders staan vir 'n groep foto. Die lekkergoed gaan nou-nou inskop. Gelukkig is daar egter 'n klimraam waar hulle die energie kan uit woed!
 

Attachments

  • IMG_0380.JPG
    IMG_0380.JPG
    54.4 KB · Views: 83

kaspaas

Sealiner
Aangesien Chris (Skurf) niks anders gewen het nie, kry hy 'n troosprys. Geluk Skurfie!!
 

Attachments

  • IMG_0381.JPG
    IMG_0381.JPG
    51.3 KB · Views: 81

kaspaas

Sealiner
Hierna doen CJ (Charl) as Onder-Voorsitter die nodige. Eerste Maandwenner (Julie 2015) gaan aan "Mr Consistancy" oftewel Herman Wiid (Seawiid).
 

Attachments

  • IMG_0382.JPG
    IMG_0382.JPG
    47.3 KB · Views: 81
Top