mosselkrakers stompkoppe

SPARRABOS

Sealiner
Darm maar fris gesonde vet krakers gewees.....ou fototjies herleef.......
 

Attachments

  • attachment-29.jpeg
    attachment-29.jpeg
    43.3 KB · Views: 644
SPARRABOS wrote:
daai tyd het seerower self 49 gegooi met .80 strait.....sy stok was net **** swaar....ons later purglass stroke 3 gekry en 20/40 en newels.....altyd 1.1 hoekstrop.....swak sinkertrace....grootste krappe gegooi wat ons kon vang en perlemoenblokkies met derms.........stok meestal gestel en op klip sit en nonsens praat met n koue bier.......mis daai dae....veral as daai stok sak.......was lekker......nou se dae is dit maar op skoonpa se manier met galjoen tackle in die winter........._seal1_

Elke jaar Januarie gegaan, ek en my hengelmaat die vale. By die bank gewerk, ons mag eers vakansie geneem het as die nuwe skooljaar begin en al die ouer garde met kinders terug is by die werk.

Bly by tannie op tergniet en elke aand word vars krappe gevang, moreoggend is dit 4:15 kranse toe dan is ons so middag 12:00 terug. Vis word weggepak en daar word gebraai,bier gedrink en gerus.

Vanaand vang ons weer krappe en dan herhaal die hele proses homself, na n week is ons doodmoeg en opgebrand deur die son.

Darem altyd in die middel van die week n dag afgevat, dan op laagwater banke toe, net baaibroek aan en beman met dipstokke.

Ons gerei was black mamba stokke, Penn 49, 7 o sinkers en 10/0 kendels en rekkies om krap vas te bind.

Ons het met die jare gemakliker en minder gevaarlike plekke ontdek maar ek sit baie en wonder of daar nog manne is wat daardie kranse klim in die somerson om die ervaring van beenbek vang te geniet.

Hier foto van twee wat daar gevang is, hengelmaat s'n le op die gras.
 

Attachments

  • IMG_2123.JPG
    IMG_2123.JPG
    61 KB · Views: 614

SPARRABOS

Sealiner
ja daai vis nog altyd daar........laat my dink aan plet.......was ons party plek in my fleur van my lewe......caves nagklub.........cunutis pizza plek.....ai lekker tye.....hengel en plesier gemeng......ek het twee girls gehad.....jakoelien......gelyk soos n girl van die playboy mansion....lang blonde hare......as sy kaal in die stort gestaan het was daai verstap en swaar dra op robberg vergete.........jy kry nuwe lewe.....die ander een was n skurwe tert....sal nie naam noem.....sommer drank in jou mond ingespuit soos delilla van ouds....en woerts warts is sy onder die tafel.....jou sweetpakbroek af....nothing s@cks like electrolux......nou dit daar gelaat.....robberg....krakers.....neeeeeeee word dadelik geskreeu vir jou.....uitgevang.....daars niks.....tydmors......vra oom gerald stewart.......natuurlik as jy met verkeerde wind swel en see gaan sal jy f@kol vang.....vra oom daantjie.......jy suffer.....jy loop jou poer in jou **** in....son brand jou stukkend..........vra ou robberg gillies johny en derick....hul lag vir jou.......dis aasreservaat.....aas saamdra......baie vroeg oggend was buitehek van reservaat gesluit......loop van daai hek tot op parking area....dan gap toe....verby eiland....of suidoosbank of santer bank toe....of sterksloop....of kleinvisvangplek.......moet met koptorch loop in donker.....mooi bergklim.....dagbreek gooi. as daai oos gaan stilstaan.......f@kket adrenalien optelle.....dan vanaand terugstap.....onthou jou bakkie staan voor daai eerste ingangshoofhek....... by huis shower......dan wil daai girls nog "speel" ook.......;);)
 

Attachments

  • attachment-5.jpeg
    attachment-5.jpeg
    48.6 KB · Views: 607

SPARRABOS

Sealiner
Oom en tannie da naby plet het ons huisvesting gegee........was ook vinnig berg toe.........oos het gehuil en morsdood gaan stilstaan.........onthou nog n moerse gesukkel gewees om krappe te vang
 

Attachments

  • attachment-4.jpeg
    attachment-4.jpeg
    27.5 KB · Views: 609

SPARRABOS

Sealiner
Nog n ou fototjie.....krakermania in die suid kaap....beenbekbasaar
 

Attachments

  • attachment-3.jpeg
    attachment-3.jpeg
    62.5 KB · Views: 615
Grootste kraker wat ek nog in lewende lywe gesien het, gemaklik oor die 40 pond.

My Pa se broer oom Koos, my leermeester. Dit was sy laaste trip kranse toe, sterk fikse man, maar op 73 is jy nie meer n kind nie.

Was bevoorreg om vir oulaas saam met hom te gaan, hy het daai kranse byna 50 jaar gehengel. Dit was n kwaai gespook, ek is onder op die "ledge" met die gaff, die vis is in die diep sloep maar kom nie op nie.

Versigtig met die gaff, as jy inval is jy weg se ek vir myself en toe kom hy op. Was glad bang om te gaff, netnou vlieg die monster om, kwaai gebewe maar mooi gehaak.

Hy kon beenbek vang en het net gou dit vir oulaas bevestig met sy swanesang.
 

Attachments

  • IMG_2143.JPG
    IMG_2143.JPG
    28.3 KB · Views: 605

SPARRABOS

Sealiner
Ou oesterbanke koning......weet early bird ook oesterbanke koning....hiers die guru.....galjoentyd.....beenbekkie....
 

Attachments

  • attachment-10.jpeg
    attachment-10.jpeg
    26.7 KB · Views: 606

SPARRABOS

Sealiner
Goeie ou buffelsbaai....neil de jager.....legende.....legende....legende......daai ou is n yster....gallie tackle......maar oom roy se way ook.....;)
 

Attachments

  • attachment-7.jpeg
    attachment-7.jpeg
    45.4 KB · Views: 603

SPARRABOS

Sealiner
die dag wat ek so dronk soos n spook was........winter.......ek se vir seerower kom ons ry ystervarkfontein toe......f@kket dis ver!!!......ja maar my siel hunker soontoe.....my hart trek n tuit......kom.....boek af siek....ons ons eie baas.....eks in....eks in....okay kom ons gaan.....krat ys agter in my mazda........foamkrat.....vir vis.....gaan een dag hengel.....dan terugkom ..........lang pad van port elizabeth voel ekstra lank..........sien ons ry in n front in......reen....westewind.......musiek speel op draadloos.........bosaas stink hier van agter af uit die canopy........dis donker toe slaan ons grondpad.......ligte reen......ons ry die kop af......ek hoor die see......hy raas.....wes pomp......ons is hier....ons tuisveld......gevoel van vryheid......onder afdakkie uit reen is vuurtjie gou gou aan.......pikdonker om ons.......yskoue bier in hand.......sit en k@k praat......vanoggend was ons nog in pe en vanaand hier lag seerower........ons braai elk n lekker rasher en n skaaptjop......boksbeet en sousbone sluit maaltyd af.....vanaand drink ons nie baie.......ek slaan my bakkie sitplek plat.....rol my toe in dik kombers en duvet......rower le agter in bak onder canopy......laaste paar grappies voor slaaptyd.....wens nikkie was langs my.....wens karin was hier....hoekom mens na vreemde stout girls verlang by see weet nugter alleen.........ook maar jags.......see druis en ek slaap soos n dikpens baba in sy ma se arms..........lekker droom ek van karen.......seerower droom van nikie........vroeg oggend wakker.....koplampe aan....gasstoof kook gou koffie.....beskuit...piesang.....skaapwagter sny brood en homp kaas word gulsig gesluk.......ons vat bosaas........see is bef@k.......ons slaan voet.......by langtom se sloep sak ons af en voor jantjie horn se plek gaan ons op klippe op.......ek maak emmer oop........ek en seerower mik mik sluk sluk om nie katte te skiet......bliksem hys vrot skreeu seerower.....en suur.......ek haak daai drelle.......gooi...........staan nog en stink hande afvee aan broek.........sak hy........hy loop........ek laat hom gaan.......dis n moerse een se ek vir seerower......nou grap hy nog deur te se moerse gallie.......hy gaan staan genadiglik.......lyn oudergewoonte deur obstruksies......hy skiet vinnig los........hy kom swaar en moeilik...... dan duik hy hier in....dan daar.....gelukkig met rowwe see bring die branders hom.......rower is op die skuins riffie met ons getroue galjoengaff.......dan gaan hy weer....my senuwees klaar.....dan kom daai lekker branders en druk hom verby seerower......nou!!!!!....skreeu ek........sien rower wag vir n mooi shot.....hy gaff....ek weet dis vas.......sien maksima ook maar aan flarde geskaaf......f@k dis n moerse winter beenbek!!!!!.....ek bewe soos n riet.....bewe hom uit!!!!....rower bewe ook.......gooi maar ek gaan nou eers sit en herstel........ja ons het daai dag nog een gevang by duikerklip.......maar hy was vergete teen my trofee!!.......paar spekvet gallies .....n bontie.......klomp dasse.......by bakkie skut ons sak uit.....gut vis....op ys.........toe drink ons.....ek was so dronk soos n spook.....gecelebrate.......niks geeet..... met babalas terug gery pe toe volgende dag..........ek daai hoek in lip gelos...........was ook nou nie eerste keer wat ek spookdronk geraak het op ystervarkfontein nie ... ook nie laaste keer......;)
 

Attachments

  • attachment-32.jpeg
    attachment-32.jpeg
    43.7 KB · Views: 600

Marthin

Sealiner
my grootste herhinnering is die eerste keer wat ek vir een gegooi het, en hy my opgetel het... altyd net gestaan en kyk en maar vir ander vis gegooi as my oom die krap ingooi en ons dan help en wys hoe om die strepies en later kolsterte of ander vis te vang...

Jyt amper 2 mense nodig gehad om daai butterworth stok van die rak in die garage af te haal. Oor die swart blue marlin voor hom wil ek nie eers praat nie.

Voelklip, Gouritz. Ek was 18 en net kla met skool. Nog skelm gerook, maar oom het geweet.

Broer was daar, my nefie ook. Hulle lus vir visvang was so 20 minute, dan het hulle begin rondkrap op die klippe.

Oom se eerste gooi val net agter die skuins rif... penn 49 en n groot mannetjie krap wat helikopter maak in n westewind is niemand se maat nie. As jy voelklip ken, sal jy weet die westewind waai reg in jou gesig.

Ek het n varswater stok... lankal geleer met n 2 ons sinker en dun lyn gooi jy tot op die agterste riwwe, en jy vang daai vaal kol kolsterte met die bruin tande.

Oom rook daai tyd pyp... dink hy het so 2 trekke gegee toe se hy "hys hier" meer soos n fluister as n roep. Ek sien hy maak die maxima so stadig styf tot die stok se punt amper reguit is, net daar sak die stok en hy kap. Daai sware butterworth staan krom en hy werk daai 49... die bree een nie die dunne nie. Ek dink eers hy sit vas... En toe sien ek nee hier kom iets. Ek roep die anner 2 iemand gaan moet kyk terwyl ek afklouter met die gaff... daar is n paar rowwe swelle. Ek sien daar kom hy oor die skuins rif, die swelle hardloop verby en dan in daai ronde gat in agter voelklip.

Geen twyfel as hy daar ingaan is dit verby nie. Oom wil nog se ek kannie daar afklim nie, toe is ek verby waar hy kan keer. Eendag toe ek nog klein was het hy my teruggepluk toe ek op n reuse strepie wou duik by skurwe bankies... Die keer is ek weg voor hy my kraag kan gryp. Die swell vat die vis verby my... ek dink nogal ek het nog nooit n vis gegaff nie....soos die water terugtrek kan ek biekie verder afklim... die vis is op sy sy toe hy verbykom. Haak hom in die dik vleis agter sy kop... Hier kom die water weer... Ek gee eers die vis aan en kyk dat hy veilig bo is... Toe moet ek sleep en die water is net so oor my tekkies verby!

kraker is seker so 70cm in vandag se taal. Die trace wat al legende is met die 2 hoeke wat van die pote af deurkom en die ogies tussen die krap se ogies het perfek gewerk. Ek kyk al vir jare hoe hulle gemaak word...

Oom bewe, dink hyt nog vir my gese ek is mal van so afgaan water toe. Hy sit nog n krap aan... ons het net 4 krappe.

Gooi, trek daai pyp laat van Hunks sou skaam word. Ek besluit niks skaamte verder nie tyd dat n Peter Stuyvesant ook houe kry...

Ek sien hy sit die pyp so stadig neer... "hys weer hier..." Nooit... Selfde storie verbatim van begin tot einde, lyk soos die eerste een se tweeling behalwe ek dink die gaff was n pens skoot.

Hy se vir my daas 2 krappe oor... maar daai damstok gaan nie die pyp rook nie. My broer het n jigmaster met .50 lyn op, en n 11ft shad iets blue marlin... Oom gee n trace, en ons gooi...

Hy se vir my, kyk waar jy staan en waar jou voete is. Maak seker jy weet waar jou volgende trap is. Hy kan 5pond wees of 50 pond. Met n vas drag is jy of die stok in die water so kyk wat jy doen.

Daai eerste byt het onwerklik gevoel. Dit ruk tot in jou tone. En toe hy daar wegtrek kan ek eerlik se ek was heeltemal buite my liga, klas of fighting weight. Dit het gevoel soos lank maar ek dink van die eerste jab tot die laaste right cross waar hy die geveg gewen het was nie 10 sekondes nie.

Ons het nog krappe by die huis gaan haal, dink nog 2 visse gemis of verloor, maar nie nog iets huistoe gevat nie.

Party mense spring uit vliegtuie uit, ander duik met haaie, jaag karre vir n adrenaline rush of n "fix". Ek persoonlik kan nie dink aan n groter rush as daai eerste 10 sekondes van n kraker fight nie. Ja die laaste stuk moet jy dink en trippel en hop en deesdae sonder n gaff bietjie meer dink en so aan. Maar daai eerste 10 sekondes, partykeer net 5, daai metaal adrenalien smaak in jou mond na die tyd, wen of verloor... Met braid, my voorkeur, is dit nog 10 maal erger... een van daai grotes wat optel skud jou fondasies, ruk jou uit n koma uit en los jou met bewerasies wat nie eers teen die aand bedaar nie.

As jy kyk na al die voorbereiding ens soos jou trip uit PE uit, en dan nog vannag krap gaan vang, soms is laag nie lekker nie en jys eers na 11 in die bed, om voor sonop op die klip te staan, en dan daai earth shattering oomblik te beleef...

Nothing like it...
 

SPARRABOS

Sealiner
wow.....herinneringe......memories........hoenervleis........butterworth stokke.....wie ken dit nie......back marlins en black mambas......penn 49.......ek is nie skaam om te erken dat ek enige katrol kan gooi......maar daai 49....ek kan nie......oorle pa kon hom myle gooi......seerower ook....met .80mm........ja dink aan skoolvakansie....twee ouens by ons kom kamp op plaas......hulle kon krakers vang.......ongelooflik.....daai laagwaterplek links van voelklip.........ja kraker loop twee twee.....soms n hele klomp saam......ek en jurie zietsman ook voor "kusweg"snags gaan krap vang.........die daiwa sealine 350's gelaai met sportex .80......elk n 8/0 kendal......diepsee strop........jurie eerste vas.....daarna ek........7 kg en 8 kg......saam geloop.........kyk ons was trots.......toe het ek mos al mooi by edward geleer..........sou eers baie jare later by skoonpa leer hoe om hul op galjoen tackle te uitoorle........_seal1_.........ons gaff is maar n groot tuna hoek......gaff groot gallie en kraker net as dit nodig is.......kyk gelukkig kan seerower en charlie en ek goed gaff.......gaff is n kuns......as jy nie weet hoe moenie......vis gaan afkom of beseer word.........dis n kuns wat bitter min mense nog ken..........ook iets wat jy net moet doen as jy die vis gaan eet en indien werklik nodig...........ja die gourits kus sal maar altyd n kraker mekka bly.......steentjie se gat......voelklip......haaikrans....holkom........bull point......fox se baai.....marais se bankie.....hansies bank......skool se bank.....ystervarkpunt.....meulefontein......skip se baai....fynbosstrand......
 

SPARRABOS

Sealiner
ironies......winter 2016 en 2017 kry ek en seerower grootste winterkrakers op gallie tackle toe ons albei stoksiel alleen gaan hengel......dis ekstra stress en senuwees....niemand om te help....magteloos....net die water en branders om hom uit te werk........seerower 3 km geloop....onvoorbereid gewees...geen dra sak....bel op cell my by werk uitasem .....bene bewe.....kan skaars praat......ekt n moerse een......al wat hy kon uitkry.........ja nee.....ek dieselle......hoe ek myne geland het weet steeds nie!!!........dis so skurf min mense gooi daar vir galjoen wat nog te se kraker.....ek hom ook gebel....ook uitasem........bewend......kykweer van daai twee.....;)
 
Top