Die Ratel Visserman

Blikkiesvis

Sealiner
Die ratel visserman

Hulle (ek sal graag eendag vir hulle wil ontmoed) vertel die storie van die visserman wat aan die einde van 'n lang dag by sy tent aangekom het. Hy het die heel dag niks gevang het nie en was vrek van die honger. Al wat hy gehad het om te eet was beskuit met koffie en kondensmelk.

Binne sy tent betrap hy toe 'n ratel wat die hele plek omgedop het. Gelukkig het hy die koffie en beskuit uitgelos maar die kondensmelk was vir hom soos heuning. Hy was besig om die halwe blik op sy linker poot te laat uitloop toe die man die tent in stap.

Na 'n gespring en 'n geskarrel en 'n voertsêk hardloop die ratel toe die tent uit. Maar nie soos 'n gewone dier nie, met drie pote soos 'n beenaf hond. Hy het sy linker poot in die lug gehou, so asof hy die wit soet goed wou hou vir later.

Tot vandag toe weet die man nie hoekom hy besluit het om die ratel te agtervolg nie, maar die manier hoe hy gehol het het hom "intrigue". Die tent was nie vêr van die rivier nie en daar aangekom het die ratel gaan staan met sy poot in die lug. Die visserman het agter 'n kakiebos weggekruip en die storie bekyk.

Soos hy sy poot in die lig hou kom daar toe al wat 'n insek is nader gevlieg. Ons praat vlieë, groot groen brommers, bye, motte, vlieende termiete en 'n rooi naaldekoker. Soos wat die goggas op sy poot gaan sit raak hul verstrengel en plak vas aan die ratel se taai poot. Daai poot het later so baie vlappende vlerke op gehad dat die ratel se voete kort kort van die grond gelig het soos wat die goed probeer weg vlieg.

Wat volgende gebreur het het die twee ogies in die kakiebos se bek so groot laat oop hang dat hy self 'n paar goggas gevang het. Die ratel vat toe sy poot vol zoemende lewe en druk dit in die rivier. Daar kom toe al wat 'n vis is aangeswem om te kom aas aan die feesmaal. Geelvisse, Karpe, Moddervisse, Moggels en 'n Baber! Kort kort het die ratel 'n vis met sy regter poot geklap tot op die rivier se oewer. Die baber was te groot om te klap, hyt hom sommer aan die snor gebyt en uitgetrek.

Nadat hy genoeg vis gevang het het hy dood luiters uitgestap en begin om homself dik te vreet aan al die vis. Met sy pens vol het hy opgekyk na die kakiebos en twee geelvisse, 'n moggel en die baber (nie eers 'n ratel vreet baber nie) eenkant toe geskuif. Toe beduie hy met sy poot na die vis, draai om en verwdyn in die vlakte. Dit was asof hy wou dankie sê vir die kondensmelk!


Vir nog groot vis stories: https://wp.me/p6AVKr-2fc
 

Vis Uil

New member
My pa vertel my van my oupa. Hul sit langs langs die rivier....gooi met hul aas wat hul die dag het. Aas raak op en dis laat middag. Die blinde vlieë(steekvlieg) het hom heeldag gepla en oupa het al n hoop doodgeklap langs hom. Oupa sit en ruig daai vlieë aan die hoek....gooi in...grootste geelvis wat hy al ooit gevang het.
Ek glo in die natuur. Ons kunsaas wat mens gebruik werk maar vat daai natuur en en sit dit aan jou hoek....jy sal verbaas wees met wat gebeur. Toktokie klop aan die water nie jou deur nie.
 
Top