HARTBEESPOORTDAM KURPERS

buchi

New member
Hi daar almal ek hoop dit gaan goed ?  Ek woon my hele lewe lank nog in PTA maar was nog nooit by Hartbeespoortdam om te gaan hengel nie, die hiasinte en groen water het my altyd weerhou.  Ek voel tog aan die anderkant ek moet Harties probeer en ook darem op my lysie kry van damme waar ek al was.  Ek wil natuurlik kurpers vang (dit is hoekom ek hier is) maar het nie enige idee van geskikte areas nie.  Ongelukkig is my boot nog nie reg nie so ek sal maar van die kant af moet probeer.  Is daar enige iemand wat 'n bietjie raad het oor moontlike plekke ens.  Ek weet met die alge in die water kan dit kurperhengel bemoeilik aangesien hulle dit vreet, maar ek sal tog een of ander tyd daar wil gaan vang.  Enige advies van iemand wat al kurpers daar gevang het is welkom.

Dankie

:cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool:
 
BIKS

New member
Hi,

Een van my kennise het laasnaweek n hele klomp kurpers by Rodeplaat van alle plekke uitgetrek.
 
buchi

New member
Dit is lekker man, weet jy dalk hoeveel hy gevang het en die grootte van die vis en waar by Roodeplaat ? 

Groete

_seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1__seal1_
 
bassbug

New member
hi Buchi, i did manage a few nice canary kurper around the 20 centimeter length in the last two weekends, no blues though
 
buchi

New member
Hi mense ek kan dit nie glo nie is daar nie een persoon wat 'n bietjie inligting kan deurgee rakende kurperhengel by Harties nie ek kan dit mos nie glo nie, seker omdat almal maar net altyd gaan vir die vet karps ?

:cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool::cool:
 
Krugel

New member
Jy Kan by die Blou gate by De Rust probeer, so ook by die Voelklub langs Ifafi aquatic club. Teen die muur se kant.
Voer baie maroek, hulle sal kom. Nog nie groter as 1 Kg gekry daar nie.
 
buchi

New member
Krugel wrote:
Jy Kan by die Blou gate by De Rust probeer, so ook by die Voelklub langs Ifafi aquatic club. Teen die muur se kant.
Voer baie maroek, hulle sal kom. Nog nie groter as 1 Kg gekry daar nie.
Hi dankie Krugel ek was toe vir die eerste keer Harties toe verlede naweek en ons het by Kommandonek begin maar die hiasinte was 'n probleem en dus het ons gery om ander plekke te probeer.  Die enigste plek wat ons kon kry met minder hiasinte was Meerhof, die hengel was baie sleg ons het nie eers een byt gehad nie.  Dit is maar altyd 'n bietjie moeiliker om van die kant af te vang vir kurpers veral as jy nie die area goed ken nie en ongelukkig daar waar ons gevang het was dit nie die geskikte area nie (bietjie klipperig).  Sal  tog graag as my boot reg is weer Harties wil gaan probeer en sal die plekke wat jy hierbo genoem het in gedagte hou vir toekomstige uitstappies.

Dankie

:):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):)
 
C-KAT

New member
Hi buchi
I have fished Harties for many years now also seeking big blues but never found anything larger than 1 kg, I have always had good success at oewer club all the way to the right against reeds.
 
buchi

New member
C-KAT wrote:
Hi buchi
I have fished Harties for many years now also seeking big blues but never found anything larger than 1 kg, I have always had good success at oewer club all the way to the right against reeds.
Hi daar C-KAT sal dit defintief in gedagte hou vir 'n volgende trippie Harties toe baie dankie.  Ek weet Harties het destyds baie mooi kurpers gehad maar ek dink baie faktore het 'n impak gehad op die kurpers.  Die grootste kurper wat ek van weet en gesien het was in die 80's gevang en dit was 3.5 kg van die boot af naby De Rust.  Daai jare was dit die norm om kurpers van daardie grote en baie te kon vang in al ons damme wat kurpers gehad het, maar ek dink jy sal baie gelukkig wees as jy vandag nog sulkes kan vang.

Top