State of the Vaal?

Baasvark

New member
Howzit guys,

Planning a little papgooi expedition with the kids at Wolwespruit next weekend.

However I heard that there has been a nasty sewage spill into the Vaal river and that fishing has been affected down stream as far as Bloemhof.

Can anyone confirm this? Been years since I fished the Vaal.
 

buchi

New member
Dagsê Baasvark ek kan ongelukkig nie heeltemal jou vraag beantwoord nie, maar ek is bewus daarvan en ek glo jy het ook die onlangse video wat op sosiale media die rondte doen gesien rakende die besoedeling van die Vaalrivier en ook die pleidooi van die mense omtrent hierdie saak.  Ek weet dat die besoedeling veroorsaak word vanaf Vereeniging en Vanderbijl se kant af en dat dit so ver as Parys strek.  Dit is nie net afvalstowwe en suurwater nie maar op die video word daar selfs bloed (ek neem maar aan van slagpale) in die rivier in gepomp.  Dit is absolute skokkende en hartseer nuus en dit maak 'n mens woedend en gefrustreerd  aangesien ons regering blindelings daarna kyk.  Op die video kan daar skole dooie moddervisse langs die oewer gesien word en ek glo dit is seker nie die enigste vis nie.  Dit is veral onder die barrage wat lyk my die gedeelte is wat die meeste geaffekteer word met hierdie besoedeling en verder stroomaf beweeg.  Ek is nie heeltemal seker of die tipe besoedeling die hele strook tot in Bloemhof gaan of kan beinvloed nie maar hoe dit ook al mag wees dit is so bitter jammer.  Ek dink nie dit is net nou wat daar besoedeling in die Vaal plaasvind nie maar dat dit al vir jare die geval is maar ek dink net nie die mense is altyd bewus van al hierdie afvalstowwe wat onwettig deur o.a. die industriële nywerhede in die water in gepomp word nie.  Of dit moontlik jou visvang gaan beinvloed wanneer jy wil gaan vang kan ek ongelukkig nie sê nie, ek glo iemand wat langs die Vaal bly sal jou sekerlik kan antwoord.
Sterkte laat weet maar hoe dit huidiglik daar lyk.

:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X:X
 

Baasvark

New member
Dankie Buchi,

Eintlik het ek by 'n mede hengelaar gehoor daarvan en toe ek dit google kom ek by 'n man wat sy groot toon verloo het agv 'n virus wat hy in die vaal rivier opgetel het!

Dus wil ek net hoor by die manne wat onlangs in die sisteem, onder Vereeniging, gevang het oor die stand van sake.

Lyk my ek sal eerder 'n ander plek moet oorweeg.
 
Top