Buoyancy bottels of skuim

buchi

New member
Goeiedag almal ek hoop dit gaan goed ?  Ek het so 'n bietjie raad nodig asb, ek het so hele ruk terug vir my 'n klein bootjie gekoop maar ek het nie 'n buoyancy sertifikaat vir die boot nie.  Ek weet die boot het bottels in.  Ek het vir SAMSA geskakel om te hoor of dit nodig is dat ek skuim hoef in te sit en die persoon het vir my gesê dat beide skuim of bottels reg is vir die boot.  Die boot val onder 'n kategorie R vir varswater gebruik en moet dan dus 'n 30 persent buoyancy hê soos almal weet.  Nou het 'n paar mense vir my gesê dat skuim 'n MOET is vir die boot maar tog het ek gehoor deur die SAMSA persoon dat bottels ook gebruik kan word mits dit alles nog in 'n goeie kondisie ens is.  Die persoon het gesê dat ek dit na enige bootplek toe kan vat sodat hulle daarna kan kyk.  Die platform van die boot sal natuurlik oopgesny moet word om te kyk of die bottels nog in die regte kondisie is.  Ek wil nie onnodig geld uitgee indien die bottels nog reg is nie maar indien nie het ek dan seker nie 'n keuse nie.  Weet julle dalk van 'n plek in Pretoria wat my sal kan help asb sodat ek die buoyancy sertifikaat kan kry.  Hoe weet ek die persoon gaan my nie indoen en sê ek moet geld uithaal vir die buoayncy nie alhoewel dit nie regtig nodig is nie.
Enige hulp sal waardeer word.  Dankie
 

TimJan

Sealiner
Hier is als wat jy nodig het om te weet:https://www.samsa.org.za/buoyancy-small-vessels


maar vinnig opgesom bottels is 100% reg maar nie coke bottles nie die doppies moet geseel wees.
En jy moet inspection hatches he wat jy kan oop maak en na die bottles kyk.
 
Top