Hallo almal. So ek wil die graag met julle deel, omdat ek al so baie hier geleer het. Die raad en foto's van mooi asies en die verduidelik van hoe om nou presies daai stroppie te maak het alles bygedra. Ook dankie vir almal wat mooi verduidelik hoe en waar en wanneer om te gaan vang. Dankie dat julle nie die geheime ALMAL hou nie, ek het my eerste kabeljou'tjie omdat julle ouens tyd gemaak het om info te deel. Dankie daarvoor. Hier is hy...
Sondag oggend is ek en ou Riaan weer af Slip toe. Die Suidoos het bietjie gewaai en dis laagwater...dis hoe die manne gesê het dit moet wees. Ek probeer nou al maande, maar VANDAG IS MY DAG. Ek sien baie kayake op die water, so dit moet beteken dat daar vis is. Ek visualiseer ook al heelweek hoe ek "in wade" om dieper gegooi te kry. Oom Kosie by die viswinkel het my verduidelik hulle lê diep, ek moet naby die kelp probeer gooi...
Ek het my mooiste asie gemaak, my 5/0 sirkelhoek aangesit dat hy lyk soos Henning Venter s'n op sy foto's en my aas geklip. Right.. eerste gooi! Daar byt iets en ek's so waar as vet vas met 'n vis, maar my blerrie sinker sit vas en ongeduld en plain stupidgeit maak dat ek my stok terug ruk in plaas van reguit trek en my braid breek op die knoop...al my nuwe topshot af. Maar ek onthou net dat ek sopas 'n vis aangehad het en gaan gryp my ander stok. Ek sit weer 'n mooi asie aan die dangle, wade in en gooi so ver as wat ek kan...so waar as vet daar vlieg my aas af en ek kan sien die dangle het gebreek...ek het nogal gewonder hoekom hy kon draai. Katrol in en so waar as vet daar hak ek my braid met my sinker en bring genoeg lyn uit dat ek weer kan vasknoop. Okay, ek sit nogsteeds vas. Die keer breek ek reg af en bring my darem my hoekstrop terug. Sit gou gou nuwe sinkerstroppie aan en die mooiste asie wat ek kan met my hart wat uit my bors klop...want onthou die vis het gebyt. Ek wade en gooi, maar dis 'n ***** gooi, so ek gooi oor. Daai een is beter. Ek sit hom in die pyp en stap na my tjommie toe...ons gesels bietjie en stap na 'n ander man toe,toe hy skree: "your rod,your rod!" Mense daai ding en my hart spring ewe hard...kort daarna toe lê my eerst kabeljou op die sand. Hy was net net net size. 53cm. En hy is gebraai.
So baie dankie ouens. Dis al die raad hier wat my gehelp het om my eerste Weskus vissie te hak.
Stywe lyne.Attachment: WhatsApp Image 2019-01-20 at 08.39.37.jpeg (Downloaded 524 times)
|