*BIGGEST GALJOEN OF THE SEASON* 2019

SPARRABOS

Sealiner
Growwe sout...Peper...koljander....hang so uur voor braai begin....ja moddervet.....ystervarkfontein se vis altyd resel Spek....enos;)
 
jacques9

Member
Hi soupcan.
Thanks man. Yeah it can be difficult on the west coast. August and September are your best time in my opinion. I got him on wonderworm.
 
visse maar winter eina gebyt...ek en my seun maar gekrap in koue water...was darem vet
 
Attachments

  • IMG_1627.JPG
    IMG_1627.JPG
    51.5 KB · Views: 903

SPARRABOS

Sealiner
Post daai grootes.....Wat jy old school way vang....Hele karavaanpark hang aan jou lippe...wil weet hoe.....dis prag visse....as jy kan kan jy:beer:lol:1
 
SPARRABOS wrote:

Na hier en daar se gekrap om galjoen te vang kan my siel net nie rus nie....hard gewerk Junie vakansie en n paar mooi jong visse gevang maar die grotes ontwyk my

ek doen nabetragting....hoeveel verskillende soorte hoeke, aas en allerlei proefnemings ons deesdae maak terwyl ons vir jare die vis effektief old school gevang het

nou wel ons gesin kan nie weer vir net n naweek na my gunsteling hengelplekke rondom George reis nie so daar word sommer n plekkie heelwat nader geboek....probeer bietjie uitvind oor my area sonder om te veel uit te vra...eerste probleem sonder wurm kan jy maar los of miskien sandkrewel as dit moet....ek het net n emmer rooi goud, vrotter as vrot

daar word gepak vir die tog....gaan mos nou my teorie beproef....hengelgerei is 13 voet assassin stok, shimano 15/30, lyn maksima marine green 0.57 (lussie hoektrop) , 5onz sinker en daai gewone 3/0 blink mustad hoeke soos waarmee Pa hulle gevang het plus die emmer rooigoud

moet erken Saterdagoggend toe die uwe en sy seun die sandstrand vat om die stap in te sit tot by die rotse raak ek half bekommerd....manne wat vriendelik groet soos ons verbystap het almal emmers....reg geraai wurm of/en prawn....boeta se opmerking gee moet....pappa hier is darem baie steenbras en belman hengelaars, lyk my net ons gaan probeer galjoen vang met ons rooi aas

oggend is doodstil....nie eers kolstert....miskien was die wurms n beter idee...kry weer moet toe ek verby n paar hengelaars stap want hul sakke is ook nog leeg

na middagete kry ons n mooi sloep tussen rotse met los polle....water is besig om te stoot en skuim al lekker....laat waai weer met nog n vrotte aan die hoek....skaars gele toe vat hy....trek sterk tussen die klippe....moet krakertjie wees damn hy gaan kort wees van 60cm....toe vis hiervoor kom raak hy eweskielik wild....misgis dit is galjoen se kind....mooie behoort net kort van 3kg te wees ek skat so 2.8

tydjie beleef ons stilte voor boeta n pragtige kolstert met sy 10 voet loomis en 15/30 land, hy so trots...self gegooi met die oopkatrol

toe voel ek hom weer vroetel....lyn raak pap en stok sak....ek kap lekker hard vas....die vis vat lyn....voel hoe skaaf maksima tussen polle....se vir boeta eerste keer kon ek verkeerd wees maar hierdie definitief jong kraker en hy gaan nog maat wees ook....nou dink ek aan daardie 3/0 hoekie wat kan ooptrek....ek werk mooi met hom agter tussen die banke en bring hom saam met die branders toe die vis moeg is....hier voor raak hy weer wild....kan dit wees....stadig werk die 3/0 mustad....so waar....dit is ook n galjoen...n moerse een...die vis moet bitter naby indien nie 4kg weeg nie

my seisoen is gemaak....twee mooi visse old school uitoorle in onbekende toestande....manne vra die aand uit oor gerei en aas....nee wat....deel graag....sonder geheime....net soos in die ou dae

;);)
 
SPARRABOS

Sealiner
Op algemene plek...waar almal gooi....en vasglo daar is nie galjoen....kyk my winter ook afgesluit.....dit was my en lucky Charlie se beste ooit....baie ouens ontmoet....vriende gemaak.....gesien weereens om back to basics te gaan...ek gaan nog ouer as old-school...galjoen vang is nie complicated nie:cool:jy moet die see reg lees....jou katrol en stok moet jou gunsteling wees....en reg wees...jou lyn is belangrik....the line hold the fish volgens die Amerikaners....jou knope en stroppe moet reg wees....en jy moet die regte aas he...n goeie hengelmaat...ywer...hard werk...donker tot donker hengel....na die tyd hard drink maar eers hard hengel....en nie op jou gat sit heeldag nie.....n vis mooi speel....of spook....daarom is daar n rem of dragg...en die natuur geniet....ek twee reuse stompkoppe gevang die winter...my galjoen trip die moeite werd gemaak.....old school maksima en n goeie sensation hoekie....die seisoen het groot galjoene uitgekom...en klein vis was vollop.....2020 gaan kookwater wees....kan nie wag::slr::
 
Cuban Cigar

Sealiner
early bird wrote:
SPARRABOS wrote:
Post daai grootes.....Wat jy old school way vang....Hele karavaanpark hang aan jou lippe...wil weet hoe.....dis prag visse....as jy kan kan jy:beer:lol:1

Na hier en daar se gekrap om galjoen te vang kan my siel net nie rus nie....hard gewerk Junie vakansie en n paar mooi jong visse gevang maar die grotes ontwyk my

ek doen nabetragting....hoeveel verskillende soorte hoeke, aas en allerlei proefnemings ons deesdae maak terwyl ons vir jare die vis effektief old school gevang het

nou wel ons gesin kan nie weer vir net n naweek na my gunsteling hengelplekke rondom George reis nie so daar word sommer n plekkie heelwat nader geboek....probeer bietjie uitvind oor my area sonder om te veel uit te vra...eerste probleem sonder wurm kan jy maar los of miskien sandkrewel as dit moet....ek het net n emmer rooi goud, vrotter as vrot

daar word gepak vir die tog....gaan mos nou my teorie beproef....hengelgerei is 13 voet assassin stok, shimano 15/30, lyn maksima marine green 0.57 (lussie hoektrop) , 5onz sinker en daai gewone 3/0 blink mustad hoeke soos waarmee Pa hulle gevang het plus die emmer rooigoud

moet erken Saterdagoggend toe die uwe en sy seun die sandstrand vat om die stap in te sit tot by die rotse raak ek half bekommerd....manne wat vriendelik groet soos ons verbystap het almal emmers....reg geraai wurm of/en prawn....boeta se opmerking gee moet....pappa hier is darem baie steenbras en belman hengelaars, lyk my net ons gaan probeer galjoen vang met ons rooi aas

oggend is doodstil....nie eers kolstert....miskien was die wurms n beter idee...kry weer moet toe ek verby n paar hengelaars stap want hul sakke is ook nog leeg

na middagete kry ons n mooi sloep tussen rotse met los polle....water is besig om te stoot en skuim al lekker....laat waai weer met nog n vrotte aan die hoek....skaars gele toe vat hy....trek sterk tussen die klippe....moet krakertjie wees damn hy gaan kort wees van 60cm....toe vis hiervoor kom raak hy eweskielik wild....misgis dit is galjoen se kind....mooie behoort net kort van 3kg te wees ek skat so 2.8

tydjie beleef ons stilte voor boeta n pragtige kolstert met sy 10 voet loomis en 15/30 land, hy so trots...self gegooi met die oopkatrol

toe voel ek hom weer vroetel....lyn raak pap en stok sak....ek kap lekker hard vas....die vis vat lyn....voel hoe skaaf maksima tussen polle....se vir boeta eerste keer kon ek verkeerd wees maar hierdie definitief jong kraker en hy gaan nog maat wees ook....nou dink ek aan daardie 3/0 hoekie wat kan ooptrek....ek werk mooi met hom agter tussen die banke en bring hom saam met die branders toe die vis moeg is....hier voor raak hy weer wild....kan dit wees....stadig werk die 3/0 mustad....so waar....dit is ook n galjoen...n moerse een...die vis moet bitter naby indien nie 4kg weeg nie

my seisoen is gemaak....twee mooi visse old school uitoorle in onbekende toestande....manne vra die aand uit oor gerei en aas....nee wat....deel graag....sonder geheime....net soos in die ou dae

;);)
Pragtige visse Early Bird, daai laat 'n man se hart sommer warm klop en al die natreen en koudkry, sommer na niks laat voel nie !!!

:wfish
 
Blikkiesvis

Sealiner
Hierdie is die beste thread ooit! Elke storie en staaltjie en opinie word waardeer, Dankie!

Het lanklaas bietjie tyd gemaak om deur alles te lees so ek moes hom nou vat van bladsy 8 af... My bek water, eks bewerig en my lus drup! Die seisoen in amper in sy tjops en ek het niks om te wys, maar Saterdag gaan ek gooi... storm wind of te not!
 
Top