UPPER ZAMBEZI

Willebees

New member
Hallo julle

Hiermee volg n volledige toer opsomming na Zambie , Kabula lodge, dit was defnitief een vir die boeke

Donderdag 30 mei 2019

Ons is op PE lughawe 04: 30 , ons is 5 manne wat vlieg na Or Tambo.
Op Or tambo geland en die ander 3 gekry , ons was 8 in totaal.Vlieg van OR TamBo na Livingstone ,Zambie.

Ons land 13:30 en is baie verlig om Horizon transfers se bus te sien . Dit is n 22 sitplek bus om seker te maak daar is genoeg plek vir bagasie en inkopies.
Ons vertrek na Shoprite. Dit is hier waar my oe bietjie oopgegaan het, Ons word geroof in Suid Afrika . Pryse van kos en drank is baie baie billik. Bv 600gram tbone - R45
Kwv5 jaar brandewyn - R83 ,net om n paar te noem. Uiteinde van die saak is dat ons n klaarbeplande menu gehad het met die nodige inkopielys. Ons spaar R1500 op die kos(ek het die beplanning en budget op Rsa Shoprite gedoen.

Vertrek na Kabula lodge .
Dit is 250 km van livingstone af , die eerste 50 km is mooi pad. Daarna is dit nag . Ons ry 6 ure aan die 250km en kom net voor 9uur die aand by die lodge aan.
Ons word verwelkom deur Kennister die opsigter .Hy en manne help ons spoedig na ons Chalets .
Ons braai gou wors , en eet hotdogs vir aandete . Geniet ook n paar Mosi biere

Die vrydag oggend was almal baie angstig om op die water te kom. Ons staan eers op die Deck wat oor die rivier uitkyk , toe besef ons eers waar ons is . Ongelooflik mooi .

Visvang op die Zambesie

Ons 8 het op 3 bote gevang , 2 3man bote en een 2man boot . Ons ruil na elke sessie . Ons het die oggende vroeg koffie en beskuit geeet, 7uur is ons op die bote. Oggend sessies het tot 11 uur half 12 geduur. Dan is ons lodge toe om brunch te maak ,bacon eiers ens
Middagsessie begin 3 uur en duur to skemer

Na die eerste dag op die water was daar opgewonde manne om die kampvuur. Van die 8 was daar net 2 wat nie iets gevang het nie. Manne praat oor lepels en rapalas , watse kleure ens . N mooi gesig

Ons is 3 dae op die water. Ons troll ,spin , probeer fillet aas ens . Dit hang af waar jy is , en watse water jy vang. Van die manne het mooi gevang op troll, ek het niks op troll nie ,alles op spin . Double blafe effzets het goed gewerk, ook fire tiger paddle tails,
Rapalas wat gewerk het is fire tiger , en n blou rapala wat een van die manne gehad het. Rooi en wit het niks gewerk nie. Ons het taamlik gesukkel met trol want die rivier is laag en daar is baie nette, dit is hoekom ek meer op spin gekonsentreer het. Ek het my 9ft modulus met n ceymar 5000 katrol gehad , ook 7ft nexave met n 4000 sedona. 9ft was my voorkeur vir die naweek.

KABULA LODGE

Dit is n pragtige plek op die oewer van die zambezi 50 km noord van Katimo

Chalets is baie netjies en skoon. Self catering , daar is als wat jy nodig het.beddegoed muskietnette ens.

Kabula is goed geprys . Die werkers is baie vriendelik en behulpsaam .
Die bote is in goeie kondisie en die skippers ken hulle storie .Selfs die stokke en katrolle is in goeie kondisie , en hulle het n mooi verkeidenheid rapalas en lepels
Ons is die maandag terug lughawe toe , draai by die Vic Falls gemaak , asemrowend.

By die lughawe aangekom ,kry ons slegte nuus .

Vliegtuig is onklaar . British airways boek ons maandag aand in die david livingstone lodge in . N lekker afsluiting aan n baie lekker toer.

Kostes vir die toer was 11000 rand per persoon, retoer vlugte . Kos , drank , transfer , visvang bote ens , alles ingesluit.
Pm my vir einige vrae

Hier n paar fotos van Kabula Lodge
 
Top