First timer: Landing of sharks. Needs to know and not to do.

Hallo almal, Ek wil graag in die sport van haai hengel gaan. Soos lewe moet n mens maar self leer en ek wil graag n paar dingetjies weet.
Wat moet ek als weet van n haai land en wat als om te doen sodat ek kan verseker dat ek nie die haai enige skade aan doen nie. Ek sal heel moontlik eers klein begin en by plekke gaan waar ek weet nie so groot haaie is nie net om die gevoel van dit te kry en myself opbou. Ek sal graag kyk om met 'swimbait' te begin.
Watse stokke en katrolle sal julle aanbeveel vir n beginner?
Ek het n Penn Fathom 40 wat gespool is met 600m JDB 50LB braid. Sal die katrol werk vir n begin om mee te leer? Watse dukte mono sal julle aanbeveel moet ek by op spool?
Enige informasie sal van baie waarde wees. Baie dankie.
 
PearlJam

Member
Ek is nou nie 'n expert nie, maar het so paar al gevang.

In my opinie is die Fathom 40 met 50lb braid heeltemal voldoende, jy moet net jou aas grootte aanpas by die size haai wat jy target. Dit sluit nie uit dat 'n groter een jou kan optel nie. Ek self sal die aas kleiner as my vuis maak om die kleiner haaie te target, maar jy noem jy gaan swimbait mee begin, so dit is bietjie anders.

Die ouens gebruik omtrent van 1.5mm tot 2.5mm mono leader (redelik lank)en natuurlik 'n behoorlike strop met enigiets van omtrent 10/0 sirkel hoek (soos die Tuna sirkel) Die beste is om die weerhakkie plat te druk om die hoek makliker uit te kry. As jy nog veiliger wil wees kan jy 'n hook remover gebruik sodat jou hand nie so naby aan die tande gaan nie.

Ek is seker die slim en ervare manne sal reply met beter inligting
 
PearlJam wrote:

Baie dankie. Hoeveel meter mono skat jy sal ek moet spool en watse dukte staal trace sal ook aanbeveel word asook die lengte van dit?
 
PearlJam

Member
SkottelGoed Spons wrote:

Saam met die trace moet dit ten minste langer as die haai wees, so as jy genoeg opsit en paar draaie op die spool het voor jy cast moet dit genoeg wees met die tipiese lengte stokke.
Staal:
Kleiner haaie - 100lb - 200lb (Hierdie is baie konserwatief en kan jy ligter gaan as jy regtig die kleintjies target)Groot haaie - 200lb - 250lb
Dit is ook die beste om die sirkelhoek met 'n snel knoop te bind
 
Baie dankie. Ek maak darem gebruik van die snell knot op al my hoeke. Baie dankie. Sal defnitief gebruik maak van die raad. Nou nog net die landing van n haai en hoe om die te hanteer sodat ek nie skade aan die haai doen nie.
 
PearlJam

Member
SkottelGoed Spons wrote:
Baie dankie. Ek maak darem gebruik van die snell knot op al my hoeke. Baie dankie. Sal defnitief gebruik maak van die raad. Nou nog net die landing van n haai en hoe om die te hanteer sodat ek nie skade aan die haai doen nie.
In my opinie moet jy wanneer jy hom op die sand trek aan sy stert hom vat by die "notch" gedeelte en bo en onder vat (spesifiek groter haaie), die kleintjies kan jy sommer optel.  Indien hy te groot is vir optel moet jy hom in die vlak water hou waar hy stil kan le en die water bietjie by hom uitkom.  Maak die proses om hoek uit te haal en fotos te neem so kort as moontlik.  Vandat jy hom op die plek in die sand het kan jy alles doen in omtrent 1 minuut, dit sluit in die hoek uithaal, lengte meet en fotos neem.  Dan trek jy hom weer aan sy stert terug.

Hier is 'n paar plaaslike kanale van ouens wat onder andere haaie vang waar jy sal sien hoe hulle dit doen:

https://www.youtube.com/channel/UCYG6kNN9RLLjQtidOKWWRHg

https://www.youtube.com/channel/UCNVnjaySkosgTsrdK1X49_A

https://www.youtube.com/channel/UCiENHeS7hH93TzMtie74tKA

Strop en aas:

https://www.youtube.com/channel/UC-mFXlNkc7S6Nfspdv2tz6g

https://www.youtube.com/channel/UC-VfWjZ8DEDyF06zn0dm0IQ
 
Baie dankie vir die. Ek sal def deur die videos gaan. Dankie almal wat sover raad en informasie gegee het. Waardeer dit mense!
 
Top