HELP!

bassist11

New member
Hi guys,

As soon as September starts i will be leaving to the richtersveldd/ vioolsdift part of the orange river for a week and im going with the goal of catching a barbel over 20kg, it might sound a bit far fetched but i know that there are cats far bigger than that in the Orange. Theres just one problem.... i hardly know anything about catching these monsters, so i got alot of questions. I was hoping some of the pros could help out a fellow sealiner?

What rigs and traces should i use?

Sinker sizes?

Hooks?

Bait?

Line?

Target areas?

Anything else that you feel should be said?

Thanks alot guys.

::slr::

 

 
 

Skuimkop

Sealiner
Hope you can understand Afrikaans becuase I'm in a hurry and  won't have time to check my spelling and grammer.

What rigs and traces should i use? - Ek verkies om sonder 'n sinker te vang maar dit is nie altyd moontlik nie. Ek gebruik dan die gly sinker strop. Vir groot babers gebruik ek die strop soos in (Image 1). Die sinker en sy lyn met die swivel wat gly op jou hooflyn is basies net sterk genoeg om nie te breek as jy cast nie. Dus hang jou sinker lyn se breek krag van jou sinker se gewig af. As jou sinker hak breek hy af en jy het snor 'one on one'. Jy kan ook die strop gebruik met die three way swivel maar ek persoonlik laaik hom nie te veel nie (Image 2). TIP: Ek gebruik ook 'n klip in 'n PVA sakkie in plek van 'n sinker. Dit mors nie die omgewing op nie en jou aas is dan 'one on one' na die PVA sakkie opgelos het en die klip dus los van jou aas is.

Sinker sizes? - Soos jy kan aflei van hierbo hang die sinker van jou bait grootte af en hoe ver jy dit wil cast. Weereens, persoonlik verkies ek nie om met sinkers te vang nie (dis nou as ek vir die grootter babers gaan). Ander ouens gaan van my verskil. Nota: Omdat ek nie sinkers gebruik nie moet jy WAG dat die baber goed oploop gaan voor jy jou stok net oplig om vas te maak en as hy vas is kap jy so een of twee keer om die hoek mooi te laat set. Die babers 'loop' baie keer eers stadig met jou aas as hulle dit opgetel het en jy moet hom dan LOS. Daarna versnel hy gewoonlik en dis dan wanneer jy vas maak. Fights on!!!

Hooks? - Ek gebruik Mustad (die rooies) hoeke enige size van 4/0 - 10/0 asook Daichhi short shank size 8/0 - 10/0. Vir die Oranje sal ek min Mustad 8/0 gebruik met 10/0 die eerste keuse. Die Daicchi sal ek 12/0 gebruik. Die Daicchi 10/0 is dieselfde grootte as Mustad 8/0. Ek gebruik WMC of kleiner size (2/0 - 6/0) Mustad hoeke vir die skelm slide hoek omdat hulle oogies op 'n angle gebuig is. Grootte van skelm hoek hang af van bait grootte. 

Bait? - Vir die Oranje heel vis baits met 'n paar snye aan die kant om geur deur te laat. Vis fillets en viskoppe sal ook die ding doen. Die golden rule is hoe grootter die aas hoe grootter die Baber. TIP: Gebruik mecurochrome oor jou vleiserige en heel vis baits. Weet nie of dit die reuk is of die rooi kleur wat afgegee word nie maar dit werk mooi. Altans dit lyk so. Codliver kan jy ook met goeie sukses gebruik. Kry altwee by jou apteek.

Line? - Ek weet nie rerig nie want ek gebruik my see katrolle met hulle .55 mm Double X Hi-abrasion 21.82 kg lyn op. Ek dink dit is wat jy dalk by die Oranje sal moet gebruik.

Target areas? - Die rivier bedding en holtes/skeure wat daar naby is sal die beste wees. Waar jy dink natuurlik skuiling vir groot babers sal wees soos strukture wat oor of in die water is. As jy nie op 'n holtes/skeur babers gekry het nie moet nie skroom om later weer terug te gaan soontoe nie. Groot babers swem van holtes/skeure na die volgende hotes/skeure.

Anything else that you feel should be said? - Wees stil. Baie stil en geniet dit.
 

Fanie

Sealiner
Gebruik mecurochrome oor jou vleiserige en heel vis baits.
Genugtig, dalk genees die vleiserige of heel vis dan kan jy hom weer vang :-D

Bietjie betrokke onderwerp om so gou te verduidelik...
 

Skuimkop

Sealiner
Hahaha ja nee Fanie daar kom snaakse goed deesdae uit. Ek het die 'move' by my rock & surf hengel gesteel
 

Skuimkop

Sealiner
Fanie ek sien jy is 'n groot Artlure man. My vraag aan jou is of jy dink 'n roepstok sal werk in die Oranje vir die groot monsters daar? Sal jy hulle nie meer afskrik omdat hulle so afgesonder is nie? My logika se vir my dit sal werk maar ek huiwer tog om dit te probeer. Ek gaan November saam met Hennie Moller na die laer Oranje en wil weet of ek die roepstok moet saam vat of nie, ek wil nou nie die man se kanse bevark met 'n geklop hier langs hom in die water nie. lol
 

Skuimkop

Sealiner

Attachments

  • Swivel.jpg
    Swivel.jpg
    10.4 KB · Views: 267

Droomvanger

Senior Member
Hi Skuimkop. My seun Rudolph (The Owner) gaan ook in September Oranje toe. Hy neem die Kayak roepstok saam om daardie babers te gaan klop. Ek sal verseker nie soontoe gaan sonder 'n klopstok nie. Die Kayak roepstok is korter as die Salmo roepstok, ideaal vir kajak hengel. :kaykak
 

Skuimkop

Sealiner
Skuimkop, dink jy dat 50lb braid n goeie idee is? en watse lyn moet ek gebruik vir die hook link? leader?
50 lb braid sal seker werk vir jou hooflyn. Ek het nog nie met braid gevang nie so ek weet ook nie rerig nie. Miskien kan Enigma dalk hier help. Maak net seker jou stok se oogies kan braid handle anders gaan jy met jou vinger in jou ... sit as die braid deur die stok se oogies sny. Praat sommer met Enigma oor hulle Jade Axe 10 ft baber stokke. Ek reckon dis goeie prysse vir goeie baberstokke. Jy kan ongelukkig nie met 'inferior' gear Oranje toe gaan nie want jy gaan net jou droom vis verloor en jy sal daai stok/stokke weer gebruik want jy gaan gehook wees aan baber vang daarna. hahaha

Vir hoeklyn gebruik baie ouens steel traces en see leaders maar ek laaik nie om die steeltraces te gebruik nie. Ek gebruik my roepstok se Berkley Whiplash 100 lb braid wat oorgebly het na ek sy katrol vol gemaak het. Onthou wat ever lyn jy vir die hoek lyn gebruik moet baie 'abrasion resistant' wees agv die baber se skuurpapier tipe tande en daai Oranje babers wel ja.... enough said. 

Omdat my lyn wat ek gebruik klaar so sterk is gebruik ek nie 'n leader nie. Minder knope wat jou kan drop. My moto met baber vang is 'keep it simple'. Dis hoekom ek ook nie laaik om met sinkers te vang nie. Fancy goed gaan baber se kind vir jou vinnig by die deur uitgooi.
 

The Owner

Senior Member
Hi Bassist11, wanneer in Sept gan j oranjerivier toe k gan van die 18de-26ste. K gan met 3 main doelwitte, k wil n muddy op vlieg vang, my 1st grootbekgeelvis vang en my PB baber van 15kg verbeter. Hoor een van ons vorige klublede het n 30kg baber daar geroep!!!::S
 

bassist11

New member
Hi Owner, ek gaan van die 28ste augustus tot die 4ste my doelwitte is om n baber van 20kg te vang en n kleinbekgeelvis van 3kg
 

Skaap Tjop

Senior Member
The Owner wrote:
too bad k ht gedink os sal dalk dieselfde tyd da vang, wel k hoop jy bereik jo doelwitte. Stywe lyne:fishn
Hi Owner/Bernard,

Hoe klop jul daar in die oranje, hard soos by bloemhof of 'n sagter tegniek soos bv rust de winter?

Skoon familie bly in kakamas omgewing gaan weer einde september daar draai, wil bietjie daar gaan probeer roep... het al mooi babers op viskop gevang maar wil bietjie 'n grote daar gaan klop!!!

Groete,
 
Top