Middelburg dam

Hello daar, is daar iemand wat die dam al gehengel het.Ek wil hom gaan probeer maar was nog nooit daar nie.Dit wat ek van die dam gesien het van die pad af lyk dit na n lekker dam om tehengel.Cheers
 

BigVan

Senior Member
Hi Dirty Harry

Middelburg dam is lekker om te hengel met n' boot. Sement slipway en kan boot ook insit op ander plekke omdat grond klipperig is aan die kant. Die dam het baie bass en hier is laasweek een van 4.5 kg gevang van die kant af. Daar is nice kamp plek met skoon ablusie geriewe. Kostes weet ek nie maar dit is billik. Ander spesies wat ouens vang is karp, baber, geelvis. Die dam is vol op die oomblik met vuil water by die inloop. Jy kan bass reg rondom die dam vang met mooi struktuur in die inhamme. Aanbeveel om te probeer.

Stywe lyne 
 
Top