Henning Venter
Sealiner
'n Afrikaner boer skryf 'n oop brief aan Tony Ehrenreich "-- Ek is vanaand
baie hartseer terwyl ek hierdie brief sit en skryf. Ek is ' n veertig jarige
wit boer. Danksy jou, is ek vandag een van 'n groep mense wat gehaat word in
hierdie land. Meneer Ehrenreich, in 1994 het ons almal onderneem om 'n nuwe
Suid-Afrika te bou. 'n Beter, nie-rassistiese, gelyke, reënboog nasie. Ons
het so mooi begin, met die beste leier in die wêreld. 'n Man wat na 27 jaar
in die tronk steeds besef het ons moet die verlede vergeet en saam vorentoe
'n nasie bou. Maar meneer Ehrenreich, vanaand pyn hierdie wit boer se hart.
Dieselfde kleur hart as joune. Hier rondom my brand die land.
Hierdie land waarvoor ek so lief is. Meneer Ehrenreich, ek bestuur 'n
besigheid wat opgebou is oor 'n honderd-en-vyftig jaar. Ja, hierdie
besigheid is ouer as die ANC, so dit is iets werd vandag. Hierdie besigheid
is egter uitgelewer aan die internasionale vryemark. Ondanks die feit dat
die regering van Suid-Afrika die grootste deel van die inkomste kry (14% BTW
en 30% Inkomste belasting), kry my besigheid geen beskerming teen invoere,
oorsese ge-subsidieerde produkte of natuurrampe nie. Desnieteenstaande
produseer ek jaarliks genoeg kos vir 1500 Suid-Afrikaners. Vyftig siele leef
permanent vanaf hierdie boerdery. Vyftig mense wat elke aand warm bad en met
'n vol maag in 'n warm bed gaan slaap. Vyftig mense wat nie bekommerd hoef
te wees wat môre vir hul en hul kinders inhou nie. (Ongelukkig moet hulle
van vandag af baie bekommerd wees oor wat jy, Tina en Marius Fransman
kwytraak.)
Meneer Ehrenreich, dit mag dalk vanuit jul leke perspektief lyk of ek 'n ryk
boer is, maar gaan vra gerus my bankbestuurder hoeveel geld daar in my
bankrekening is teen die tyd dat my oes klaar voorberei is. Vra gerus die
ekonome van Suid-Afrika hoeveel is die skuldlas in die landbou-sektor. Dis
nie omdat boere sleg met geld werk nie, inteendeel, dis die aard van die
natuur en voedselproduksie waarin ons moet opereer. Ja, meneer Ehrenreicht
nes my voorvaders en my mede boere, neem ek elke jaar 'n groot risiko om die
oes voor te berei, sonder enige waarborge. Ek gaan leen geld by die bank,
gaan koop kunsmis, diesel, onkruiddoder en betaal lone, sonder die
versekering dat ek 'n opbrengs op daardie lening gaan kry. Dis hoekom almal
boerdery 'n dobbelspel noem. Jy en jou mede ANC leiers sal egter nie hierdie
beginsel verstaan nie want julle gebruik mos regeringsgeld om al jul planne
uit te voer. Daardie geld wat vir die armes bedoel was, wat gebruik moes
word om werk te skep in Suid-Afrika. Hoekom doen jy en jou mede ANC leiers
nie ook dieselfde as ons boere nie? Hoekom gaan leen julle nie ook by die
bank geld en woeker daarmee nie?
Hierdie plase en eiendom wat julle nou afbrand was opgebou uit niks.
Hoekom wil jul net altyd bestaande bates afbreek of verdeel en belastinggeld
mors? Ons moet tog die koek groter maak sodat daar vir almal 'n happie is,
nie kleiner nie. Dis entrepeneurs en bouers soos ek wat dit kan doen,
landbouers. Hoekom sweep jy nie ook die werkloses op as jou mede ANC leiers
R250miljoen op 'n huis spandeer nie? Hoekom is jy tjoepstil as die arm
kinders van hierdie land nie skoolboeke kry nie, terwyl jou mede
lands-leiers in vliegtuie rondrits, van die een partytjie na die ander, om
tenders aan vriende en familie uit te deel nie? Hoekom hoor ons nie dan van
jou of Marius nie? Nee meneer Ehrenreich, jy verkies eerder om armes en
oningeligtes op te sweep om werkplekke af te breek. Die kinders van
Suid-Afrika sal eendag van jou lees in die geskiedenis boeke, maar nie soos
jy jou verbeel nie. Die groot ironie is dat daar vele leiers soos jy in die
verlede was.
Leiers wat burgers van 'n land teen mekaar opgesweep het. Leiers wat mense
aangemoedig het om af te breek, eerder as op te bou. Hoe gaan dit nou in
daardie lande? Waar werk hulle nou? Jou naam sal in dieselfde hoofstuk as
Robert Mugabe se naam geskryf staan. Sy land se mense werk nou in jou
kinders se plek hier in Suid-Afrika. Waar gaan Suid-Afrika se mense heen
trek as julle al die werkplekke hier afgebrand het? Jy het duidelik nie na
meneer Mandela geluister nie!
Gaan vra hom môre-oggend of hy trots is op wat jy doen vir die mense van
hierdie land. Meneer Ehrenreich, ek wens die kinders van hierdie land sien
jou vir wat jy is en kan my sien vir wat ek is. Ek is lief vir hulle en
hierdie land, jy is nie. Jy en jou mede ANC leiers voel niks vir hulle of
hierdie land nie. Ek hoop die armes van hierdie land sien dat hul net pionne
in jul siek magspel is. Dat jy en Marius Fransman net aan jul eie politieke
posisies, met die gevolglike finansiele vergoeding, dink. Dat niemand meer
vat by armes en op hulself spandeer as die ANC leiers van hierdie land nie.
Meneer Ehrenreich, ek is 'n beter Suid-Afrikaner as jy. Ek is nie 'n rassis
nie, jy is. Ek het nie 'n verskuilde agenda nie, jy het. Ek wil hierdie land
opbou, ek wil kos produseer en vir mense 'n werk gee. Wat wil jy doen?