Daggafontein hengel club

Jonathan Bubb

New member
Hi almal,

Ek was Desember vir n slag weer by Daggafontein hengel gronde net buite Springs vis n nag sessie van ernstige hengel.

Dis darem maar hartseer om te sien dat mense nie reels kan na kom nie. Oral om die dam is borde op wat duidelik vra dat die vis vry gelaat moet word en dat jy jou plek skoon moet maak as jy klaar die dag of naweek gespandeer het. Die manne het met sakevol vis huis toe gegaan, dis n klein dam daai, as almal vis elke naweek huis toe vat, wat gaan van die dam oor bly. Toe let ek op en kyk hoe die mense hulle vulles agter laat, van die mense het skoon gemaak maar die oomblik wat hulle by die vervallende teer paaitjie gekom het, het hulle gestop en hulle sakke net daar langs die pad gegooi. Dis n donerse skande dat mense soos daai ons as vissermanne laat sleg lyk.

Dit op n punt, geheg is n foto van n mooi 8kg uit Daggafontein se waters.

 

Attachments

  • IMG-20140108-WA0000.jpg
    IMG-20140108-WA0000.jpg
    14 KB · Views: 149
Top