ADVIES RAKENDE 'N BOOT EN VOERTUIG

buchi

New member
Goeiedag ek wil graag by julle hoor asb.  Ek het nog nooit oor 'n boot beskik nie en beplan om dalk in die volgende paar maande vir my 'n klein vissermansbootjie te koop.  Ek soek nie 'n groot boot nie maar slegs iets wat darem prakties is vir hengel en ook 'n enjin het wat my tot by die volgende punt op die water kan kry.  Maar nou kom die "probleem" in.  Ek het op die stadium nie 'n bakkie hetsy 4x2 of 4x4 nie en dit gaan seker 'n probleem wees om die boot binne en buite die water te kry.  Wat ek wel het is 'n 1.9 tdi Volkswagen Caddy paneelwa maar ek wil nie in die water beland met my voertuig nie.  Ek glo die voertuig het genoeg krag om te sleep maar om die boot binne en buite die water te kry gaan dalk nie werk nie (of kan dit)  Ek het wel op die internet gesien in Amerika dat party mense met gemak hulle bote uit die water haal met 'n gewone voertuig maar die enigste verskil is dat die oploop sement of teer is en die water ook naby aan die kant is.  Ek sien alreeds in my geestesoog hoe ek in die sand of modder gaan en kan vassit as jy nie 'n 4x4 het nie of erger nog dalk in die water te beland.  Goed ek is ook nou darem nie simpel om dit te gaan probeer nie, maar ek wonder net as die omstandighede geskik is en die watervlak dalk bietjie hoër is en die oploop geteer is jy dalk met 'n voertuig soos wat ek het 'n klein bootjie in die water sal kan kry. 

Enige terugvoering en advies is welkom.


:cool::cool::cool::cool::cool:;););););):):):):):)_seal1__seal1__seal1__seal1__seal1_
 
Wys vir ons ‘n voorbeeld van ‘n klein bootjie soos die een wat jy wil kry. Wat vir een ou klein is, is nie noodwendig klein vir die volgende ou nie.

Waar wil jy met jou boot ry en is daar ‘n behoorlike slipway?

Het jy ‘n skippers sodat jy ‘n boot met ‘n enjin groter as 15hp kan ry?
 

Fishpaste

Sealiner
Kry n inflatable met n trolling motor en n goeie deepcycle battery as jy nie beoog oom groot damme te loop vang nie...of kry n bootjie wat jy en n vriend op kan vang wat lig genoeg is om af te tel en op te tel...
 

buchi

New member
Nee ek het nog niks nie, ek het nie op die oomblik enige fotos nie aangesien ek nog nie eintlik weet wat ek soek nie.  Dit sal hengel wees spesifiek in damme soos Rust de Winter, Arabie, Loskop, Roodeplaat ens.  Soos ek sê ek weet op die stadium nog nie eintlik die tipe boot nie, miskien 3-4 persone maksimum.  Miskien kan julle my help met voorstelle van lekker praktiese bote.  Oook iets wat my moontlik sal help wegkom as die seekoeie en krokodille nader kom.

Dankie

:sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa::sa:
 

buchi

New member
Miskien so tipe iets kan dalk bietjie kleiner ook wees.  Dit is min of meer wat ek soek prakties, genoeg spasie, redelik oop bo-op.  Die groot ding is mits ek so iets kry gaan ek dit binne en buite die water kan kry.


:sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf::::sf:::
 

Attachments

  • 1006109345_1_644x461_boat-40evinrude-central.jpg
    1006109345_1_644x461_boat-40evinrude-central.jpg
    31.3 KB · Views: 257
Fishpaste se advies om te kyk na 'n inflatable is 'n goeie opsie. Jy kan selfs een kry tot 15hp sodat jy kan wegkom sonder 'n skippers.

Die voorbeeld wat jy wys sal ook nie moeilik sleep of launch nie, maar vir 3 tot 4 mense wat hengel het jy nogal 'n groot boot nodig anders is dit BAIE ongemaklik. Ek het 'n 4.6m Linder Arkip en meer as 2 mense raak vir my ongemaklik.
 

TankEvans

New member
Hi Buchi,

Ek het laas jaar vir my n klein bootjie gekoop en launch hom met my 1.6 Nissan Tiida. Ek het nog net in relatiewe kalm water gelaunch waar daar nie modder of so betrokke is nie en verder is ek ook versigtig om nie die trailer te diep in die water in te reverse nie.

Ek het sover nog geen probleme gehad nie en dit voel ook nie asof die kar te veel sukkel nie. So in my ervaring kan mens wel n klein bootjie sleep en launch met n normale kar as mens versigtig is. Ek is egter geen expert nie ;)

Hoop dit help n bietjie met jou mind opmaak!
 

Attachments

  • SAM_7088.JPG
    SAM_7088.JPG
    48.5 KB · Views: 238

buchi

New member
Hi TankEvans baie dankie vir die inligting en fotos jou bootjie lyk vir my na 'n praktiese en lekker visvangbootjie en ek hou baie daarvan.  So dit is nie onmoontlik om so tipe boot met my voertuig binne en buite die water te kan kry nie.  Wat ek ook van hou is die feit dat jy hom lekker kan laai met koeler en ander goed.  So as ek reg verstaan het jy nie 'n lisensie nodig onder 15 perde nie.  Die vraag is net sal so boot my met daardie enjin gemaklik oor 'n dam soos Loskop kan kry ? (Jammer jy is in die Kaap) Waarna kyk 'n mens prysgewys na so tipe boot tweedehands ?

Baie dankie waardeer

Enige ander persone met interessante fotos of inligting van kleiner visvangbootjies is meer as welkom asb.

:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish:wfish 
 

TimJan

Sealiner
Ek kan jou verseker die bootjies wat hier gepost is sal jou caddy soos niks sleep nie.

Ek het n 14ft boot met n 50hp en ek sleep hom met my 1.6 ford en my vriend het n 1.9 caddy en hy weet nie eers van die boot nie.

As jy aan launch waar daar nie n slip is nie kan dit n probleem wees anders no worries.
 

buchi

New member
En kostes van so tipe boot soos joune as jy dit dalk tweedehands kan koop want ek wil ook nie derduisende rande spandeer aan 'n boot nie.

::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::
 

TankEvans

New member
Thanks Buchi!
Ja ek geniet die bootbaie! Met die somer vakansie wat nou begin gaan ek dit nog meer geniet! ;)

ja ek het nie n skippers lisensie nie. Ek was nog nooit op n dam uit nie en weet ook nie hoe lyk loskop nie, maar ek voel baie gemaklik met hom op die breede rivier :cool:

Ek het tweedehands R30000 vir hom betaal.
 

buchi

New member
Hi TankEvans baie dankie vir al jou advies waardeer dit opreg.  Net so laaste vraag of twee asb hoeveel mense kan jou boot vat want as ek so tel lyk dit na so ses mense ?  Ek moet sê ek hou nogals van die feit dat jy nie 'n stuurwiel op so 'n boot het nie want dit gee meer spasie op die boot self (net my opinie en nie almal gaan saamstem nie)  Vir my is dit net eenvoudig meer prakties vir visvang.  Ek gaan nou nie heeltemal die bedrag spandeer wat jy het nie maar ek gaan wel na so tipe boot kyk miskien dalk nie heeltemal so groot nie maar dieselfde tipe.  Ek het ook sommer nou gekyk na die 15 perde enjins op youtube en hulle hardloop eintlik nie sleg nie (hang seker alles af van die grootte boot) maar die feit dat jy nie 'n skippers nodig het nie kan voordelig wees.  Solank ek net lekker kan hengel en die boot my kan kry waar ek wil wees is dit reg.  Ek wil nie op en af jaag nie maar net iewers anker en visvang.  Nogmaals dankie enige ander advies of fotos is welkom.

Groete

:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin:ifishin
 

IWyk

Sealiner
Soos genoem is dit voordelig om die enjin groote 15hp of kleiner te hou. Gewoonlik bepaal die lengte die hoeveelheid mense. Dit is gewoonlik 1 per meter boot. So n 4.2m boot sal 4 kan vat. Dit is gevaarlik om te veel(6 byvoorbeeld op n 4 meter boot). Dit is nie altyd die geval maar dity hang ook van die boot af. EK het n Ski vee 500(5 meter/16.5ft) dit is gesertifiseerde vir 5 mense op die see en vir 7 op vars water.

Onthou al het jy n kein boot en onder 15hp is daar steeds veiligheids maatreels wat nagekom moet word(veiligheids baadjies ens).

Pitts marine in Pietermaritsburg maak ook oulike boodjies.

Google hulle maar gerus. Othou as jy n tweedehandse boodjie koop om die floatation sertifikaat ook te kry om jouself kopseer te spaar.
 

TankEvans

New member
Ek stem saam met IWyk oor n mens per meter van die boot. My boot is 3.8m en is gesertifiseer vir 4 mense. Met 4 mense is dit egter baie vol en baie stadig.

Met 2 mense werk hy op sy lekkerste en kan mens lekker vinning op plein kom.
 

rianc

Member
My opinie, enige "visvang trippie" moet jy 2m per person voorsiening maak, anders net te vol en swaar. Onthou netjou buoyancy neem nie al jou cooler en mieles (voer) in ag nie, so wees maar versigting. Koop jou boot, gaan saam met 'n pel en verken,moenie almal die eerste keer wat jy op die dam wil gaan saam nooi nie. Onthou dit, baie kliente het hul lesse geleer om dit te doen.
 
rianc wrote:
My opinie, enige "visvang trippie" moet jy 2m per person voorsiening maak, anders net te vol en swaar. Onthou netjou buoyancy neem nie al jou cooler en mieles (voer) in ag nie, so wees maar versigting. Koop jou boot, gaan saam met 'n pel en verken,moenie almal die eerste keer wat jy op die dam wil gaan saam nooi nie. Onthou dit, baie kliente het hul lesse geleer om dit te doen.

Ek stem saam met jou, 2m per persoon vir papgooi hengel. Niks minder nie anders raak dit baie beknop. Al die aas, dips ens vat tenminste een persoon se plek.
 

buchi

New member
Baie dankie vir al die terugvoering ek waardeer dit opreg.  Ek sal nog so bietjie rond kyk en is nie haastig nie, ek sal in elkeval nog so bietjie moet spaar.  Nogmaals dankie aan almal.

::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:::tight:
 
Top