Kurper 101

burgerzd

New member
Good day all,

Just want to find out about the basics of Kurper fishing.

Can you please share/advice me to the basics to kurper fishing and maybe a pointer ,tips and techniques.

Was at Loskopdam a few weeks ago and there is a big fuzz about the blue Kurpers

Did try out the dutch float and earth worm technique and only manage to get 2 small kurpers.

Just a few questions to start this post....

Is there a way in luring the kurpers closer to the boat and keeping them in the feeding area?

They say maroek works but do you need to mix this with other feed and whats the amount you feed.

Trace examples that can be used?

Do on only use certain tipes of earth worms or will the normal garden ones do?

Depth and structure one needs to look for when targeting kurpers?

Thanks
 

buchi

New member
Goeiedag burgerzd ek hoop dit gaan goed ? Ek tik maar in Afrikaans en ek glo jy sal dit darem verstaan. Ek self is baie lief vir kurperhengel en sal advies gee t.o.v wat vir my werk. Loskop bly een van my lekkerste damme en huisves baie mooi bloukurpers maar daar is darem ander damme ook wat mooies het. Kom ek gee gou advies rakende die visspesie self.  Kurpers kom gewoonlik in skole voor van min of meer dieselfde grote en hulle verkies die vlakker waters (+- 2meter tot 4meter) in areas wat skuiling kan bied d.w.s. bome in die water, waterlelies, gras, riete, baaitjies met sanderige bodems. Wanneer hulle broei beweeg hulle na die vlakker water toe om hulle neste te kan bou en moet nie gesteur word nie. Kurpers kan vanaf die oewer of vanaf 'n boot gevang word maar damme soos Loskop sal ek voorstel dat jy 'n boot moet hê aangesien 'n persoon maar moet uitry om die geskikte areas vir die kurpers te kry maar jy kan met oewerhengel ook suksesvol wees. As jy bv.'n boot het en 'n visvinder wat vir jou die waterdiepte kan gee sal dit voordelig wees maar anderste kan jy dit sommer met jou glydobber bepaal. Indien jy voel jy die geskikte area gevind het kan jy 'n voerplek maak deur maroek in die area te gooi (let wel moenie op eenslag die hele sak uitgooi nie aangesien jy duisende ander visspesies ook kan lok of dan ook maak dat die kurpers die heeltyd maroek eet maar nie jou wurm nie.) Dit is belangrik dat jy dit geleidelik ingooi. Ek gebruik self net maroek maar weet van mense wat ook erdwurms daarin gooi vir 'n beter smaak en voerplek. Hoe langer die maroek buite staan hoe suurder word dit en party hengelaars sê ook dat dit meer vis sal lok. Wie sal weet ? Nadat jy voerplek gemaak het is dit heel eenvoudig om die wurms aan die hoek te sit in te gooi en geduldig te wag.(Tuinwurms of Karibawurms is geskik en ek vang met albei,soms verkies ek die karibawurms aangesien hulle nie so slymerig is nie en party mense sê hulle bly langer lewendig in die water, ek persoonlik het met beide al sukses gehad.) Ek self sit net een wurm aan my hoek en vind dat dit makliker is om die vis te kan vang, soms sit mense 'n klomp wurms gelyktydig aan en vang ook op daardie manier maar ek het gevind as daar die veel van die wurm uitsteek op die hoek dat die kurpers dit makliker kan aftrek, so wat ookal vir jou werk. Ek ryg die wurm via die hoek sodat net die voorste gedeelte van die wurm kan beweeg, jy wil immers hê die kurpers moet die beweging kan raaksien (onthou kurpers het baie goeie sig en maak o.a. staat daarop om so hulle kos te soek). Met jou glydobber kan jy nou bepaal op watse diepte die kurpers byt en die heeltyd op daardie diepte jou lyn ingooi. Dit is dan 'n kwessie van geduld en jy sal gou agterkom of daar beweging in die area is of dan nou nie. Moenie te ongeduldig wees as daar aanvanklik nie te veel aksie is nie soms moet 'n persoon 'n halfuur of dalk langer sit en wag (gelukkig het ons vissermanne mos baie geduld) Nou kom die kuns in van kurperhengel rakende die tegniek. Klein kurpertjies vat jou wurms baie meer aggressief as die groter kurpers en jy sal met meer duidelikheid kan sien dat jou dobbertjie beweeg en dan kan jy maar vaskap. Met die grotes moet jy mooi kyk aangesien jou dobbertjie nie so aggressief beweeg nie en die dobbertjie kan baie "skelmpies" afwaarts beweeg (dalk net 'n paar mm na benede) of soms gebeur dit dat jou dobbertjie in die rondte draai of heen en weer kantel, kapvas want dit kan dalk 'n grote wees. Later van die tyd begin jy die idee en voorgevoel kry maar dit verg altyd baie konsentrasie (dit is hoekom hierdie tipe manier van kurperhengel vir my persoonlik 'n groter uitdaging is en baie pret) Natuurlik gaan jy mis maar dit is mos alles deel van die leerproses. Indien jy voel maar jy vang te veel kleintjies verplaas net jou lyn so meter of twee van die voerplek af aangesien die grotes baie keer nie kans kry om te byt nie en soek hulle maar in die area. Wat die strop betref gebruik ek 'n doodeenvoudige "boerestrop" d.w.s die sinker onder aan die lyn met twee hoekies bo die sinker so 30 cm uitmekaar uit en ek gebruik maar 'n nommer drie of vier grote hoek en pas die hoeke maar aan afhangende van die grote vis wat die dag byt. Baie hengelaars probeer kurpers te vang met kunsaas ook. Onthou om mooi na ons kurpers te kyk en hulle weer terug te plaas asb hulle is ook al bedreig. Gee hulle kans om mooi groot en vet te raak sodat die volgende persoon ook genot uit kurperhengel kan kry dit is immers een van die lekkerste visse op ligtegerei om te teiken.

Stywe lyne en geniet dit.
 

burgerzd

New member
((goodp_ Baie baie dankie vir al die raad dit word waardeer dit baie.:thankie

Ek is wel so bevoorreg om n boot in my besit te he, so kan bietjie verder veral in Loskop in die dam af gaan.

Kan jy dalk vir my raad gee oor die basiese visvang gereedskap wat sal werk spesifiek vir Kurper hengel.Het nou al in die twee keer wat ek gaan probeer het gesien meeste menste mense vang met ligte gery soos n 7 voet stok of kleiner met n 2000-3000 kantrol.

op die "dutch float" wat hulle gebruik is daar soos n groot verskeidenheid op die mark. hoe besluit mens watse een mens gaan gebruik.

Met die bietjie wat ek nou al op gelees het sien ek van die mens gebruik so sorghum en gewone voer om n voer wolk in die water te maak.om die skool kurpers in die area te hou.dan is daar baie wat se mens moet maar net so bo die bodem begin met jou eerste hoek en so maar die hele water kolom dek tot mens die eerste een kry en dan almal daarop stel.

Sien die kurpers toets mens se geduld maar ek hou van die uitdaging.ek is n man vir "Catch and Release " en iemand anders ook die kaans gee om die spesie te teiken.

Met n tydjie van lees het ek gesien daar is nie regtig baie inligting oor hoe om die spesie te teiken nie en dis maar skaars dat mense hulle geheime met ander deel wat ek ook verstaan.

Maar dit gaan maar oor skool geld betaal en die lesse van die begin af te leer.

baie dankie weereens vir die inligting
 

buchi

New member
Dit is 'n groot plesier, baie hengelaars vang kurpers van die boot af met ligtegerei en daar is verskeie redes daarvoor. Nommer een dit is eenvoudig net meer prakties, met 'n kleiner stokkie en kan jy makliker vaskap nommer twee is dit groot pret om kurpers met ligtergerei te hengel net soos om bv. moddervis te vang. en met 'n boot kan jy hulle gaan soek in die regte areas, maar 'n mens sal hulle ook van die oewer kry. Ek persoonlik gebruik 'n 6-7 vt Sensation stokkie met 'n klein Shimano koffiemeulkatrol en dit werk vir my perfek. Die punt van my stok is veselglas en baie sterk en buigbaar en soms kan jy selfs net deur die punt van jou stok dop te hou sien dat daar aksie op jou lyn plaasvind, so dit kan jou ook help as jy bv nie 'n dobbertjie het nie maar dan moet jy 'n slapperige stokkie hê. Dit beteken nie jy hoef nie met 'n langer stok te vang nie maar op 'n boot is dit net makliker, soms vang ek van die oewer af met my langer stokke as ek bv. dieper wil gooi maar ek vang meeste van die tyd met my klein stokkies. Ja daar is verskeie dobbertjies op die mark en dit is maar 'n persoonlike keuse waarmee jy wil vang. Ek het al met die langerige "dutch floats" gevang maar het toe sommer vir my 'n dobbertjie by die naaste viswinkel gaan koop. Party is lank en party korter, party lê plat op die water en sodra die kurper begin byt begin die dobbertjie regop staan, maar die beginsel bly dieselfde so dit is iets wat jy vir jouself moet kies en besluit watse een vir jou die beste gaan werk. Ek het al gehoor hulle voeg sorghum by die maroek maar het dit self nog nie probeer nie. Jy is reg as jy sê daar word nie baie artikels oor kurperhengel geplaas nie of die soort tegnieke wat jy kan gebruik nie. Vir my is die doodeenvoudige rede net dat daar te veel klem gelê word op uitheemse visse soos karp en baars en al die tegnieke en ase wat jy daarvoor moet gebruik terwyl ons inheemse spesies soos kurper, geelvis ens nie dieselfde aandag geniet nie en dit is jammer. Mense verkies mos maar eerder om vet karps en vernietigende baars te vang en jy sien dit elke maand in al die tydskrifte. 

As daar nog iets is laat weet maar gerus asb. Geheg is 'n kurper wat destyds in Loskop gevang is (ongelukkig nie myne nie)

Stywe lyne

:cool:
 

Attachments

  • KURPER 3.2 KG LOSKOPDAM.jpg
    KURPER 3.2 KG LOSKOPDAM.jpg
    32.5 KB · Views: 427

Cobia333

New member
Try the Mepps Black Furry spinner for them. I have caught many on this spinner. Also a neatly shaped ball of brown bread around a no 6 hook, no sinker or swivel. Cast in let it sink to bottom and retrieve it as slow as possible along the bottom. You will eventually work out what's a pull and what's a snag. If its a snag then the line will stay as is, if its a Kurper it will pick up the bread which then also feels like a snag but your line will move in the opposite direction to your retrieval. Sometimes they fiddel around with the bait before taking it hard enough to set the hook.
 
Here are some old pics from a mate of Kaapse Blou kurpers..Not many fish for them there as most are fishing in the sea so they can get lekker big.. These were caught on meat chunks I think..

But ja worms for the little ones and bread for the bigger ones is the way we did it :)..Lekker original post..tried to follow most of it, this forum is great for my afrikaans!

13076_281013_250000001.jpg


13076_281013_250000000.jpg
 

burgerzd

New member
Thanks for all the info Gents...... will do the afrikaans part in english as well so everybody can benefit from this forum. ::slr::
 

burgerzd

New member
Awesome size vis rbacht :shock: . E$nige raad dalk van jou kant af wat die vir mense soos ek ook n kaans kan gee om so ou aan die lyn te kan kry.
 

burgerzd

New member
Dr halibut hoffman, do u use brown bread or white. A on the hook will it be basicly the same as for carp angling ?

That bream photo's is decent size bream.
 

rbacht

Sealiner
I am no Kurper-guru. I was fishing for carp one day and I must have been casting very close to that chap and his missus' nest. I caught both in 2 casts. On white bread, nothing fancy.

They both gave me a serious fight of note.
 

burgerzd

New member
Thanks will try all the info i get. Its always worth a try and might just get lucky one day with a decent size one
 
Haven't done kurpers in a while but we used to use white bread or brown, sometimes white gets them on the bite, sometimes brown? We used to use two rods, one little hook on float with worms to get a feed on and attract the bigger ones and then blobs of bread dough on the bottom on little running sinker in the same area..Also throwing little balls out of dough in the same area to lokaas. Some days they are on the feed, some days off completely although they are there..They seem to follow a barometer more than seafish! haha
 

Krugel

New member
Just for info, I NEVER use any maroek or feeding of any sorts on Loskop. It draws in the Ghielientjies and small Redbreasts.

Plays havoc with your worms.
 

burgerzd

New member
Started a worm factory to get some decent size kariba worm in the mean time .Always end up with all the super small worms if you buy them at the shops
 

Cobia333

New member
Definitely try the Mepps Black Furry spinner for them. I caught plenty in the Western Cape. In particular an area called Schoongesicht, The dam was a very deep which was surrounded by smaller dams used for producing waterblommetjies on a seasonal basis All the smaller dams were filled from the main dam. There was a restaurant on the property as well.

A small ball of white bread worked wonders for me in any dam that had them in. If I they are in the area you will catch them.

I once put a whole freshwater social compo on hold when I fished a dam in Palaborwa. Scarborough reel, fly rod combo, plain ball of bread slowly wound up on the bottom. Caught Kurper plenty, one Barble and some of those stinky turtles. The dam was near the mine. It had a Clubhouse ad well. Can't remember the name of the Dam.
 
Top