seperate galjoen social chat site for 2017

SPARRABOS

Sealiner
early bird wrote:
Boeta se kol, hy het verveeld geraak waar ons tussen banke gegooi het en soek toe n lekker gleutjie soos hy dit noem. Laat sak net met water wat by sloep se bek inspoel en daar vat hy, hy spook met hom in daardie gaatjie water dat skuim staan.
met so mooi swartstert nogal op n penn katrol kan hy sy pa se kar kry om n meisie drive in toe te vat!!!!netjiese das
 
SPARRABOS wrote:
ironies paasnaweek april kan ou maar deur jare teruggaan....altyd koue see......koue strome en ooswinde.....daarom het ek net gekamp en gekuier.....see drasties gedaal......selfs hier ook.....was maar n gekrap vir vis......daai poffer visse dodelike teken van kou see......maar jyt self mooi gevang met die skielike klein bietjie verandering in water.....hier was dit dieselle....dink jy moet sondae midae tussen 16h00 en 17h00 vir pieter paar lesse gee.....:clow....

:wfish

Ek het nog baie om te leer. Sal graag wou begin om meer oor rooiaas te leer by die meesters.
 
SPARRABOS wrote:
kyk oor ons aas praat ek nooit ooit.....mens kan nie alles vertel....dink net eenkeer vir blackpylie vertel....;);)


Ja Sparra, mens kan nie van rooiaas leer nie want daar is niemand wat ander leer nie, daarom weet so min mense van rooiaas en rooiaas en rooiaas.
 

Blikkiesvis

Sealiner
Aloha Pieter en Sparra en andere...

Persoonlik is ek nie mal oor rooiaas nie... Nie dat ek omgee vir die reuk nie, ekt net nog nooit vreeslik sukses daarop gehad nie. Eks meer 'n wurm en mossel man...

Paar jaar gelede lees ek hier op Sealine van Persaas! Nou as ek mos 'n ding in die kop kry kan ek nie daarvan ontslae raak nie. Ek lê wakker in die nag want ek moet uitfigure wat is dit, hoe lyk dit en hoe werk dit. Ekt nog nooit eers van Persaas gehoor nie. Vind toe later uit hulle roep hom, persaas, glasaas, swartaas, snotaas...

Anyway, hoekom ek met 'n draai kom, met al my oplees en naslaan vind ek toe uit dat daar basies 3 soorte "seasquirts" (squirt het vir my 'n heel ander betekenis, so ek sal die naam nooit vergeet nie) is wat jy vir aas kan gebruik. By the way, die goed "squirt" twee keer. As hy nog vars is en lewe sal jy die straaltjies water sien spuit as branders oor hom spoel en natuurlik as hy mors dood moertoe vrot is en jy daai mes in hom steek... Maak maar seker jou mond is toe!

Soos ek verstaan is die 3 se "ratings" as volg:

1) Persaas - Sagte dop en 'n glaserige pers tot swart kleur. Die manne wil nie eers oor hom praat nie, hys aparently dodelik. Jy kan hulle partykeer optel na groot Kaapse storms.

2) Sandaas - Dis die kleiner koppies rooiaas wat in kolonies in sanderige areas voorkom. Hulle vleis is meer geel as rooi en hul geur en reuk is skerper. Die Sandaas tel die manne op, sny hom en meng dan die aas met suiker en sout. Dan hang hul hom vir 'n paar dae in 'n lamoen sakkie om lekker te trek en te dryneer. Dan is hy ook dodelik.

3) Klip rooiaas - Dis die groot swart koppe wat op die rotse sit. Hul vleis is meer rooi. Vars werk hy goed vir Mosselkraker.


Eks nie 'n expert nie, die goed lees ek maar raak op sealine en in my vis biblioteek.

Ok cheers

Blik
 

WaterKind

Senior Member
Moet net nie van ons vriend die RooiKrap vergeet nie. Anders as wat meeste mense sal dink is dit nie net 'n goeie aas vir Kraaker nie, maar ook vir ons vriend die Galjoen.
 
In die winter vang ek feitlik net met rooi aas. Die probleem is dat die meeste hengelaars nie hul rooi aas met die nodige liefde versorg en oppas nie. Vrot, vars sandaas word gesny en deurmekaar in emmer, plastieksak of blik gegooi eenkant staangemaak en saam see toe gevat wanneer daar gehengel moet word.

Het al op forum gelees watter moeite manne doen om hul wurms en krewels vars te hou, hul sit dit nie net in n houer ver van die huis neer en verwag dan om vis daarmee te vang nie.

Rooi aas baie meer gesofistikeerd as wat meeste hengelaars besef, veral die verskillende voorbereiding soos die water se sterkte, kleur en tempratuur verander.

In Suid Kaap byt baie vis aan hom, nou met vakansie stap ek saam maat terug van ons hengelplek, hy nog nie sy goed afgehaal en daar mooi sandbank en stop ons dat hy gou daar gooi met vars rooi aas. Nie lank gele nie tel daardie sneltrein hom op, mooi vis ek skat so 7 kg.

Winter is rooi aas hengeltyd in Suid Kaap,net soos ons strop maak sonder swivel, dit is maar hoe ons geleer is en werk vandag nog.
 

SPARRABOS

Sealiner
ek moes op n plaaslike radiostasie voor ons galjoenderbys vele kere op die hengelrubriek oor galjoenhengel praat...dan sms en bel luisteraars in.....word oor ons rooiaas gevra.....eerste keer wat ek moes draaie loop om n antwoord.....
:lol:1:lol:1..op skoonpa se advies het ek laat mense tot groot blikke appelkooskonfyt ingooi.....galjoen het n soettand......:clow:clow:clow:hyst::hyst::hyst::hyst::lol:1:lol:1:lol:....maar earlybird nes jy vang ek selde met enige iets anders.......ja krappe.....wurms....mossels....prawns werk almal en is dodelik....maar aai daai goeters van ons....as jy dit sien kry jy net daar n hartaanval....maar o gatta patatta....van port elizabeth tot blombos....moet dit wegsteek.....vis kom haal dit sommer op land...lol.....en ons vang van n galjoen tot n bontie tot m pens tot n das tot n roman tot n kraker daaraan......maar as jy dit sien sal jy dit nie glo...vandaar spreekwoord sien is glo....en dit bewys baie bygelowe en sienswyses oor die jare verkeerd....:cens:cens
 

SPARRABOS

Sealiner
WaterKind wrote:
Moet net nie van ons vriend die RooiKrap vergeet nie. Anders as wat meeste mense sal dink is dit nie net 'n goeie aas vir Kraaker nie, maar ook vir ons vriend die Galjoen.
as jy droom van n drie vier vyf ses kilo gallie....of n oupa roman of n beenbek.....heel rooikrap...halwe rooikrap....rooikrap pote.......daars nie beter nie.....
 

SPARRABOS

Sealiner
argiewe....iets uit verlede....welbekende oom fanie schoeman en seuns het in hul boeke vertel van galjoene uit verlede.....ek haal aan..."n galjoen van 6.54 kg is op 7 febr 1921 op hermanus gevang.....toe in 1945 het mnr van rooyen van tsitsikamma by elands rivier n 6.8 kg gevang.....die burger van 2 october 1947 berig n onbekende hengelaar het by kwaaiwater hermanus n 6.69 kg gevang is is by polisiestasie deur cst basson geweeg......mkyk ek het met oud tsitsikamma manne gepraat en elandsrivier en elandsbos was voor dit park verklaar is bekend vir groot galjoene.....my hengelmaat iwan "seerower" starbuck se oorlede pa oom johan starbuck was van stormsrivier se boorlinge....in die 1980's toe ek en iwan nog jonk en dom was en nog dipstok en penn 85 moes gebruik het sy pa n knewel gevang....jammer oor foto gehalte....al wat ek het.....op waterkind se rooi krap.....kyk dis n monster......geniet die bietjie geskiedenis;)
 

Attachments

  • IMG-20170421-WA0013.jpg
    IMG-20170421-WA0013.jpg
    18.7 KB · Views: 715

SPARRABOS

Sealiner
die was oom daup se 6.1 op heel rooi krap met 7/0 hoek......oom het laat ek met sy vis staan....hyt so baie grootes gevang hy wou nie foto neem.....toe laat ek die vis afneem.....ai n droom vangs.....dalk eendag as ek oud is....oom is bo 70!!!!!
 

Attachments

  • IMG-20140921-WA0000.jpeg
    IMG-20140921-WA0000.jpeg
    58.7 KB · Views: 716

SPARRABOS

Sealiner
lekker om maats te he wat visvang as jy kamp.......gaan slapsytjies en karkassie braai vanaand
 

Attachments

  • IMG-20170421-WA0033.jpg
    IMG-20170421-WA0033.jpg
    41.7 KB · Views: 712

SPARRABOS

Sealiner
Ou moet net fiks wees vir daai koppe....of jy bly agter......not for beginners or the faint......:hyst::hyst::hyst::lol:1:lol:1....baie manne gegaan en nooit weer.....ja nee.....nie enige ou se speelmaat....die houtkappers wat daar grootgeword het stap jou poer in jou m..r!!!jy raak gou gou nederig......gaan jog eers bietjie en oefen vir die ysterman......swaar getrek daar maar lekker tye......bekoring op sy eie....ou bierpens maak dit nog hoor....;)
 
Top