Onderonsie met n bronzie

SPARRABOS

Sealiner
So rukkie terug op die strand haak die Jong man af... PA ek is nou moeg van steenbras en kabeljou vang.. Verbeel jou nogal.. Lol... PA ek Wil n haai vang of voel hoe dit is om n haai aan die hoek te he.... Wel boeta in my Dae was dit n 20/40 en purglass stroke 4 op robberg en ure se rug breek met die bronzies... Maar vandag is tackle so gespesialiseer en jou PA is maar old school maar ek sal n plan maak.... Nou kyk hier is gidse in ooskaap om van te kies en te keur... Maar daar is net een bronzie koning in my beskeie mening.... Dadelik watsup ek elroy...ek verduidelik hom die litie se droom... Bring hom sommer die saterdag laat elroy weet.... N Plat op die aarde hengelaar en hy het nou n slag met die lities... Hul hang aan sy lippe.... En kyk die man kan n droom waar maak....
 

SPARRABOS

Sealiner
Elroy is AL vorige nag by see besig om te hengel en vir ons plek te hou voor daai strand n miernes raak... Saterdag 5 uur wakker en 6 uur ry ons.. Op pad se ek vir my seun dat niks is gewaarborg in visvang dat ons n haai Sal kry maar ons Sal probeer.. Toemaar PA ek gistraand gebid vir n haai stel hy my gerus.... By strand word die eerste aas ingesit op n 11 voet stokkie en 50 pond braid... Dis vir kleiner haaitjies soos Grey's en hammers terwyl ons vir die groot stok met die Marlyn size katrolle wag vir daai groot haaie.... En soos Murphy dit Wil he binne minute sak daai 11 voet.... Die video clips van n gesig uitdrukking is seker vir ewig.... Daai grindertjie skreeu soos n maar vark en boeta klou... Na so 15 minute vat oom elroy oor.... Min het ons geweet amper 3 ure van bloed sweet en trane le voor.... 2 km verder af teen strand hom uiteindelik geland.... 2 ure in geveg angsvolle oomblikke oor onsportiewe ouens wat weier om hul Lyn uit te trek... Gelukkig ons nie afgebrand.. Dankie aan die ware ouens met etiket wat dadelik in trek tot jy verby hulle is.... Ja kyk dit was n epiese geveg... Dink nie my 11 jarige outjie Sal dit ooit vergeet...... 2.14meter....op daai stokkie... Was onvergeetlik.... Dankie elroy... Jy is n yster.... Elke tree en elke minuut wat ons saam kon wees..... Jy is nou sy hero
 

die spook

Senior Member
Wow! Dis n yslike haai daai. Se asb vir Sparrabossie Oom Spook se baie geluk, en hoop daar sal nog vele sulkes wees.
 

SPARRABOS

Sealiner
Wys jou wat n 11 Voet stokkie en Baie geduld kan doen.... Ek kan maar net weer dankie se vir elroy.... Hier 2 ure in het hy nog gese ons moet net tyd vat en mooi werk... Want die bank is vlak en die Lyn is ook maar n garedraadtjie....as jy so lank Spook maal Alles deur jou kop... Sal die knope hou... Sal iets afskaaf of af brand... Lol.... Dink die vorige aand se gebid darm gehelp..... Was onvergeetlik om daai haai weer te sien stadig wegswem na hy vry gelaat is.... Dit was werklik n 2020 hoogte punt deur AL die slegte dinge..... Laat middag vroeg aand Kom n ou van Potch se wereld.... Hy vra nog of hy net iets kan vang... AL is dit n sandhaai..... Want hy Ken net karpe... Gougou maak elroy hom ook met n bronzie vas..... Dink vir hom ook onvergeetlik......
 

DJP

Sealiner
Wel gedaan jong man, baie mooi bronzie!
Sparrabos wel gedaan dat jy die jong man die geleentheid gegee het, beslis 'n ondervinding wat hy nooit sal vergeet nie!(ni(ce(fish)(
 

Blikkiesvis

Sealiner
Well done, awesome vis. Sê vir hom baie geluk!!!


Sparra ek het net een vraag... Hoe voel jou voete na jy so lank in die sand moes staan?
 

SPARRABOS

Sealiner
Was nog 28 grade... Lol... Sand brand blase.... Kyk ek loop nog saam met gumboots... Net daai 3ure se op en af my moeg gemaak.... Lol... Wens ek kan so fiks soos elroy wees.... :lol:1
 
Top