Wat dink julle van hierdie kombinasie?

die spook

Senior Member
Hallou ouens

Dink julle my kombinasie van n Waft Kabeljou stok (5oz) en Okuma Azores 65 gelaai met 40lb vleglyn sal n mooi bronzie of raggie kan kant toe bring?

Ek het al n paar groot blou pylies, hond haaie en spotties op die stok gevang. Maar glad nie seker van die groot visse nie.

Dankie,

Spook
 
Wat jy in gedagte moet hou is dat jy groot aas gooi vir die groter haaie.
(Selfs jou kleiner raggies vanng jy met n groterige aas)

Jy wil as n minimum n aas so groot soos n kalkoen eier en n 6 onz sinker kan gooi, en daarvoor het jy n swaarder stok nodig.

Ek sou ook nie minder as 50lb braid gegaan het nie.
Al wat gaan gebeur is jy gaan huil as n semi oordentlike vis jou optel met daai ander outfit.

So kry as n minimum n 7 onz stok en n 10 000 grote katrol.

Net my opinie, maar selfs iets soos n 20kg spotted gully, gaan jy knor om tussen die klippe met n 5oz outfit uit te kry

Groete
 

Blikkiesvis

Sealiner
Yes Spook!

EK stem 'n 6-8oz stok sal beter wees vir groter haaie. Weet ook nie hoe lank 'n Azores gaan hou met sulke tipe visse nie
 
Top