Ek sit trailers op omdat dit jou cast weight effens vermeerder maar hoofsaaklik is die aas meer bulky , so 'n bass kan dit makliker "inhale" as hy 'n vakuum maak.
Persoonlik gebruik ek nie trailer hoeke nie want ek voel jy verloor jou "weedless presentation" omdat die trailer hook nie beskerm word deur die armpie nie want hulle is nie in dieselfde lyn nie.
Wanneer ek trailer strips of so aansit dip ek ook gewoonlik die laaste 2 cm of so in Spike it se Garlic Chartreuse...gee daai aas net so ietsie "ANDERS"...
Wanneer dit by die retreive kom werk ek so:Ek gooi na 'n struktuur of iets...as die aas die water tref hou ek my baitcaster in "free spool" of my coffee grinder se "bail arm" slaan ek nie terug nie....soos die Spinnerbait sak/val kan jy al 'n strike verwag....indien nie tel ek so 5 tellings vandat hy geland het en begin dan 'n steady retreive....baie keer word jy hier geslaan...gooi weer so 2 keer op dieselfde plek...bass gryp nie altyd die eerste keer die aas nie,baie keer swem hulle saam met die aas en besluit dan of hulle gaan pelle word en of hy hom eerder gaan eet....
En as jy een haak hou altyd die lyn styf en onthou fish up...rod down..fish down...rod up.....as jy 'n bass toelaat om te spring...kan ek jou verseker het jy 'n 80% kans om hom te verloor!
Kyk mooi na die aangehegte foto van Chris Pienaar....die bass breek die water oppv,voor hy kan spring "sweep" hy die stok kant toe en druk die punt onder die water in, dus die bass is verhoed om te spring en te "head shake"...let ook op die opgeblaasde "stress" wange van Chris....
Hoop dit help
Groete
Herman Nel