HENGEL KAS LYS

snakes

New member
Naand Manne,

Soek bietjie raad en voorbeelde van daai lyste wat binne in die hengel kaste gesit word met al die dips, bol dips ens op het. Besig om my kas vol te maak maar is bietjie verbeeldingloos :fbash Hoop julle kan dak help met 'n paar planne.......
 

Tweezer

New member
More Snakes. Ek maak my lys soos volg

                                         Small Dips

                                         Sprays

                                         Bol dips

                                         Floats

Onder bo-genoemdes word hulle genommer van 1 tot ?  Nommer1tot by ? is die belangrikste en eerstes wat ek gebruik as ek by die water kom, en hulle is genommer van voor in die kas. Klein dips heel voor dan die sprays en dan die bol dips agter. die floaties plaas ek in my laai en word ook genommer volgens gebruik. Hoop dit help sal nogal wil sien hoe die ander dit doen. Terloops het geantwoord op jou e-pos. Groete::S:ifishin

 
 

Naruto

Sealiner
ek het begin met so lys. Toe kom ek agter ek het veels te veel goet in my kas. Toe skaal ek af en al wat ek gedoen het was om nommer op my dips te sit en my float het n kode. Die lys is in my kop asook my kombos. En my klubkomp resultate het verbeter.
 

snakes

New member
Generator en Narato baie dankie vir julle terugvoer, dis 'n baie goeie idee om so te nommer die wat jy eerste gebruik, dink dit is 'n puik idee. Baie dankie.
 

PI

Senior Member
Hier is myne as jy nog voorbeelde soek.
 

Attachments

  • Dips Index 2011_v2.xls
    58 KB · Views: 373
Top