Two Piece 13.6 ft

WAJ

Senior Member
Ek het vir my n 2 piece gekoop, die naweek dam toe gegaan met n paar sinkers net om te toets. Haal die splinter nuwe rod uit sy sak uit en steek die 2 stukke aanmekaar. Gaan in maar omtrent n centimeter en n half maak nie toe nie.... Ai dit was nou disappointed, het so uitgesien na n lekke oefen sessie

Hoe gemaak om hom heel oor te kry?
 

roland

Sealiner
Kan jy dalk n pic laai om die probleem uit te wys ? Neem aan hy gaan nie heeltemal in ? My sharky maak ook so , het darem nog nie probleme gekry
 

Simen

Sealiner
Baie, baie fyn skuurpapier.

Skuur liggies en hou aan die 2 stukke inmekaar sit totdat dit 100% pas

Geduld, moenie oorhaastig wees en te veel afskuur nie, om dit weer op te bou is 'n lang en harde proses.
 

WAJ

Senior Member
Dankie oom Simen, skuur mens die male of die female kant? Het oom al iets uitgevind oor Kaap Kruis verblyf?
 

shuraj

Sealiner
sand down the male section gently .

dont force the female section as it will split the joint and the rod will end up breaking.
 

WAJ

Senior Member
Thanks all for your advise, i'll take it slow on the sanding, just a pitty that it must come down to this.
 

kitefisher

Sealiner
Dag
Baie twee-stuk stokke het ongeveer n sentimeter+ gaping alvorens dit heeltemal in is.Ek verwys spesifiek na die ouer 2stuk Purglas en alle (selfs nuwe) Europese 2 stuk stokke (Zziplex/Century,2stuk is baie gewild in Europa)Ek neem aan dit is n ''spigot-joint'' met ander woorde die ''male-gedeelte of ''pen-gedeelte is aan die onderkant,alhoewel nie noodwendig nie.

Druk die punt in sover as wat hy redelik gemaklik ingaan, en draai die laaste kwart-duim of so in om die ogies op te lyn.Maak seker hy is ferm in deur op die joint vastehou met een hand en die stok bietjie te wikkel.Jy sal gou genoeg voel of daar uitermate speling op die ''joint'' is.As hy nommerpas sit ongeag die sentimeter ,los hom net so,as hy uitermate speling het ruil dit om.

Die sentimeter of wat speling word baie gebruik as n ''wear''indicator.Met ander woorde ,mettertyd sal die twee dele perfek teenaanmekaar sit.Dit is gewoonlik nader aan die einde van die ''blank se leeftyd,en kan letterlik eers na duisende ''casts' eers gebeur.
Dit pla mens in die begin maar as jy twee Tippex kolletjies maak regoor mekaar op die joint sal jy gou sien of die tip beweeg of uit trek wanneer jy cast aldan nie.Onnodige skuur op n ''spigot-joint''kan gevaarlik wees.
Groete
ns,Let wel hierdie raad is nie noodwendig van toepassing op alle multi-stuk stokke nie,maar meestal op 2stuk ''spigot-joint'' stokke waarvan die ''male-gedeelte op die ''base'' kant van die stok sit.
 

Mango

Sealiner
Kite fisher is spot on as always .
the only type of joint where a space would look abnormal is the spigot with the spacing alocated, if a conventional joint is out the rod would feel as if it has a kick in it due to the parts not seating
 

WAJ

Senior Member
Kitefisher, dit is heeltemal reg, dit is n 2pc purglas en die male is op die base(handvatsel) kant, dankie vir die raad, gaan dit beslis gou vanmidag toets en voel.
 
Top